Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
ANC-koalisie neem klein Wes-Kaapse munisipaliteit oor

’n Koalisie tussen die ANC en die Karoo Gemeenskap Party (KGP) het Donderdag die Sentrale Karoo-distriksmunisipaliteit oorgeneem.

Die distrik is in beheer van die munisipaliteite van Beaufort-Wes, Laingsburg en Prins Albert.

Die nuwe burgemeester, Isak Windvogel (regs), en die speaker, Mkhululi Hangana, van die Sentrale Karoo-distriksmunisipaliteit.

Die distriksmunisipaliteit word sedert Februarie 2017 deur ’n koalisie van die DA, die KGP en die Karoo Demokratiese Mag bestuur.

Windy Plaatjies van die ANC sê die nuwe burgemeester is Isak Windvogel van die KGP, die onderburgemeester is die KGP se Margaret Jafta, terwyl Mkhululi Hangana van die ANC nou die speaker word.

Plaatjies sê hulle is ook van plan om die Prins Albert-munisipaliteit oor te neem, wat tans deur ’n DA-KGP-koalisie bestuur word.

Daylin Mitchell, die DA se kiesafdelingshoof in Beaufort-Wes, het bevestig dat hul koalisievennootskap met die KGP iets van die verlede is.

“Die verhouding het onhoudbaar geword weens die DA se standpunt van onverdraagsaamheid teenoor korrupsie en omdat ons die administrasie van munisipaliteite skoon wil maak.”

Mitchell sê die distriksmunisipaliteit het in Augustus 2019 vir die plaaslike regering ondersoek ingestel na ’n projek van R12 miljoen vir onderwys en opleiding wat algemeen bekend is as die Africa Creek-projek.

Dit het gevolg nadat ’n fluitjieblaser ’n verslag saamgestel het. Volgens Mitchell is die verslag van Africa Creek op 8 Mei aan die burgemeester, Annelie Rabie, gestuur, en twee dae later het sy informeel ’n afskrif van die verslag aan die speaker, Isak Windvogel, gegee.

“Aangesien die verslag tydens die inperkingstydperk voorgelê is, kon die burgemeester dit egter nie aan die raad voorlê nie.

“ ’n Verslag van dié aard sou normaalweg aan die munisipale bestuurder voorgelê word, maar omdat die munisipale bestuurder ook in die verslag genoem word, is dit aan die burgemeester voorgelê.”

Mtichell sê sedert die verslapping van die inperkingsregulasies het die speaker volgens die DA by verskeie geleenthede geweier dat Rabie die verslag aan die raad voorlê.

“Die DA het gevolglik vir Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, gevra om onmiddellik die nuwe burgemeester, Windvogel, te versoek om die forensiese verslag ter tafel te lê. As die verslag nie ter tafel gelê word nie, sal ons geen ander keuse hê nie as om die howe te nader,” het Mitchell gesê.

Maar Plaatjie sê die kwessie oor die forensiese verslag kom al lankal aan selfs voordat die DA aan bewind was.

“Die aantygings moet ondersoek word en voor die howe gebring word. Dit het niks daarmee te doen dat ons nou in beheer is nie. Die vraag is hoekom die DA-burgemeester nie die kwessie ter tafel gelê het nie. Verskeie raadsvergaderings is in die inperkingstydperk gehou.”

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Da  |  Anc  |  Munisipaliteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.