Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Andile Lungisa se kop moet rol in Baai

Andile Lungisa moet uit die Nelson Mandelabaai-metro bedank.

Dít was die opdrag wat die streek Maandag van die ANC se provinsiale leierskorps gekry het.

Oscar Mabuyane, provinsiale voorsitter, het met ’n span van die provinsiale werkkomitee (PWK) gekom om die moontlike afdanking van die streekstruktuur asook van Lungisa te bespreek.

Lungisa is tans lid van Mongameli Bobani, UDM-burgemeester, se burgemeesterskomitee en hanteer infrastruktuur en ingenieurswese. Hy het die pos in Augustus gekry toe Athol Trollip in ’n mosie van wantroue as DA-burgemeester uitgeskop is.

Andile LungisaFoto: Netwerk24

Die nasionale uitvoerende komitee (NUK) se spesiale vergadering, die hoogste besluitnemingsliggaam van die ANC, het nou die PWK beveel om vir Lungisa uit sy pos te skop.

Netwerk24 verneem Mabuyane het Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, genader omdat Lungisa glo ’n doring in sy vlees geword het.

Gift Ngqondi, die ANC se woordvoerder in die Oos-Kaap, sê die streekleierskorps het geen keuse gehad as om die NUK se bevele te gehoorsaam nie.

Hy het gesê Mabuyane het die streekskomitee Maandag van die besluit ingelig.

“Die ANC is nie besig om Lungisa in die pad te steek nie. Die NUK het opdragte aan die PWK gegee om ’n opdrag aan die streekskomitee te gee om op te tree volgens die NUK se aanbevelings.”

Ngqondi het verwys na ’n besluit van die ANC ten tyde van sy konferensie in Nasrec dat enige lid wat tans in ’n strafregtelike saak betrokke is, nie pligte van die ANC in die regering moet uitvoer nie en dat só ’n persoon eerder op die kantlyn moet bly totdat die saak opgelos is.

’n ANC-binnewerker wat op die vergadering was het gesê die besluit oor Lungisa het nie byval gevind nie.

Die bron het gesê Themba Xathula, die streeksekretaris, het met Mabuyane daaroor probeer redeneer.

“Die vergadering het vroeg begin en laat geëindig omdat so baie mense in die streek daarteen gekant was dat Lungisa uitgeskuif of uitgeskop word,” het die bron gesê.

Unathi Skade, streekleier van die ANC, het gesê hulle sal vir Lungisa veg.

Skade het saam met taklede buite die ANC se hoofkwartier gekampeer en teen die verwydering van Lungisa beswaar gemaak.

“Die besluit is nie aan die takke oorgedra nie. Hoe kan hulle besluite oor ons streek neem sonder dat hulle eerste met ons gekonsulteer het?

“Lungisa is besig om deur ’n hofproses te gaan. Laat die gereg sy gang gaan voordat jy die wet in eie hande neem. Dit is wat ons Mabuyane wil laat verstaan,.”

Lungisa het hom tot Twitter gewend om sy frustrasie uit te spreek.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Andile Lungisa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.