Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Baai se fokus op waterlekke bespaar reeds water
Ter illustrasie. Foto: Argief

Bykans 6 000 waterlekke is in die eerste drie maande van vanjaar in die Nelson Mandelabaai-metro herstel.

Die meeste van die waterlekke het in Uitenhage, Despatch, Newtonpark, Sydenham, Motherwell en New Brighton voorgekom.

Masixole Zinto, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur en ingenieurswese in die metro, sê 5 938 waterlekke is herstel en die loodgieters het ook daarin geslaag om die hersteltydperk te verkort.

“As ’n waterpyp bars, word dit gewoonlik binne 48 uur herstel. Afhangende van hoe groot die waterlek is, het dit voorheen tot en met 21 dae geneem om die herstelwerk te voltooi. Die afgelope paar maande het dit slegs tussen 13 en 14 dae geneem.”

Hy sê in hul poging om water te help bespaar, het die metro van sy eie loodgieterspanne, asook private kontrakteurs gebruik gemaak om die lekplekke so gou as moontlik te herstel.

Ons het ons toegespits op die herstel van waterlekke en danksy oplettende inwoners wat probleme aanmeld, het ons reeds ’n verskil in die waterverbruik van die metro gesien

“Ons het ons toegespits op die herstel van waterlekke en danksy oplettende inwoners wat probleme aanmeld, het ons reeds ’n verskil in die waterverbruik van die metro gesien,” sê Zinto.

Hoewel die gewenste gemiddelde watergebruik 250 megaliter per dag vir die metro is, word ’n gemiddeld van 280 megaliter per dag steeds oor die metro heen gebruik.

“Inwoners moet steeds baie spaarsamig met water werk en terselfdertyd hul oë oophou vir enige waterlekke sodat daar nie ’n druppel vermors word nie.”

Die metro se gesamentlike gemiddelde damvlakke was die afgelope week 24,21%.

Om waterlekke aan te meld, bel die metro by 0800 20 50 50.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.