Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Balju vat glo Bloem-metro se laaste trekker
Qondile KhedamaFoto: Argief

Die balju het Donderdag beslag gelê op verskeie van die Mangaung-metro se bates, insluitend ’n trekker, sleepwa, ploegskaar en twee motorfietse, het Netwerk24 betroubaar verneem.

Dit volg glo weens onbetaalde skuld en die uitreik van tot veertien lasbriewe deur verskillende skuldeisers.

Andries Kruger, balju, wou egter nie bevestig dat hy op die bates beslag gelê het nie. Die trekker was glo die laaste in die metro se besit vir gebruik in die stad.

Talle sake hou verband met eise teen die munisipaliteit deur lede van die publiek wat spruit uit gebrekkige dienslewering soos motors wat in slaggate beskadig is.

Die bates word eers in November opgeveil. Die metro het tot dan om die agterstallige skuld te betaal.

Twee van die metro se trekkers is vroeër op beslag gelê en verkoop om skuld te dek. Noudat die laaste trekker ook afgevat is, het die departement vir parke en begraafplase geen trekker oor vir instandhoudingswerk nie, het Netwerk24 vertroulik verneem.

Die metro besit wel nog trekkers in ander omliggende dorpe wat onder sy beheer val.

Qondile Khedama, kommunikasiehoof van die metro, sê hy was nie bewus van die omstandighede nie en sal antwoord nadat hy met die relevante direktorate opgevolg het.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Balju  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.