Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Baloyi se resep: eenvoud en verantwoordbaarheid

Bongani Baloyi, Midvaal-burgemeester, kom vroeg by die munisipaliteit se toekenningsgeleentheid vir die gebied se topmatrikulante aan, want hy wil elkeen se hand skud en homself voorstel.

Hy maak grappies en gee vir jou die wittandglimlag wat jy in foto’s van hom sien.

Bongani Baloyi, burgemeester van die Midvaal-munisipaliteit, en ’n belanghebber lag lekker tydens ’n vergadering.

“Die burgemeester is nooit in sy kantoor nie,” sê Amelia Tsukudu, burgemeesterskomiteelid van korporatiewe dienste.

“Hy hou daarvan om rond te loop en self te sien wat aangaan. Dít is hoe hy die behoefte raakgesien het om die skole op te hef.”

Hierop sê Baloyi: “Dit is belangrik dat elke leier in voeling met die pols van die instelling is en die heeltyd weet wat aangaan.

“Jy kan nie ’n invloed hê as jy nie verstaan wat aangaan nie. As jy onkundig is, kan jy nie lei nie.”

Hy sê 90% van sy werk is om op die hoogte te bly van wat in die verskillende departemente aangaan.

Baloyi werk deurlopend om verskillende konsepte – van finansies tot ingenieurswese tot gemeenskapsontwikkeling – te verstaan en te bemeester sodat hy die munisipaliteit kan lei.

Danksy sy betrokke leierskapstyl stel Midvaal al vyf jaar lank ’n voorbeeld vir ander munisipaliteite.

Die ouditeur-generaal (OG) het onlangs vir die vyfde agtereenvolgende jaar bevind dat daar geen wanvoorstelle of ongerymdhede in dié munisipaliteit se finansiële rekords is nie, het Metro-Beeld-Suid in Desember berig.

Luidens die OG is Midvaal se finansiële rekords in oorleg met die wet en regulasies oor die besteding van belastinggeld.

Trouens, David Makhura, Gautengse premier, het aangekondig dat Midvaal die beste in die provinsie presteer. Sy bevindings was gegrond op die bevindings in verlede jaar se lewensgehaltepeiling, ’n inisiatief van die Gauteng City-Region Observatory.

Ek is deurgaans besig om met mense te baklei en hulle verantwoordbaar te hou, hulle aan te moedig om beter te presteer en aan te dring op die redes waarom ons nie ons doelwitte bereik nie.

Wat is die geheim tot die munisipaliteit se sukses?

“Eenvoud en verantwoordbaarheid,” sê Baloyi sonder om te aarsel.

“Ons verstaan ons kernbesigheid is nie om onsself te dien nie, maar om die mense te dien.

“Om dit te doen, moet jy seker maak jy kom jou mandaat na. Ons is verantwoordelik in ons oorsig en omsigtig in die bestuur en toekenning van die fiskus.”

Baloyi was slegs 26 jaar oud toe hy in 2013 as die jongste burgemeester in die land verkies is. Hy het dadelik ’n kultuur van verantwoordbaarheid geskep omdat hy wil hê die inwoners moet weet ’n regering kán deursigtig wees.

“My filosofie is dat jy moet vertrou, maar jy moet ook verifieer. Jy moet self gaan kyk en gaan toets dat dít wat jy in die verslae lees die waarheid is al dan nie,” sê hy.

“Ek is deurgaans besig om met mense te baklei en hulle verantwoordbaar te hou, hulle aan te moedig om beter te presteer en aan te dring op die redes waarom ons nie ons doelwitte bereik nie.

“Dit begin van bo af.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.