Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Begunstigdes trek aan kortste ent weens besettings
Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, en Tertuis Simmers, Wes-Kaapse LUR vir menslike nedersettings, knip die lint by die opening vanjaar van die Anchorage-behuisingsprojek.

Die Kaapstad-metro is bekommerd oor grondbesettings in die metro omdat dit sy pogings om behuising aan begunstigdes te verskaf in die wiele ry.

Van Julie verlede jaar tot in die tweede week van April vanjaar was daar 1 078 voorvalle van besettings in die metro.

Hoewel die meeste in Kaapstad voorgekom het, is Kraaifontein, Blue Downs, Mfuleni, Khayelitsha en die Philippi-gebied ook brandpunte vir grondbesettings.

Die provinsiale departement van menslike nedersettings het in die 2020-’21-boekjaar meer as R355,8 miljoen daaraan bestee om grondbesetting en die besetting van voltooide wooneenhede te probeer voorkom.

Tertuis Simmers, LUR vir menslike nedersettings, sê hulle kon meer as 2 100 gratis wooneenhede hiermee gebou het.

“Daar is aansoekers op ons behuisingsdatabasis wat geduldig vir behuising wag en grondbesettings vertraag die proses om dit aan hulle te kan verskaf.”

Volgens Simmers neem dit sowat 1 500 dae om ’n nuwe behuisingsprojek te voltooi.

“Die proses om vir iemand behuising te verskaf kan weens besetters van drie maande tot vyf jaar vertraag word en in sommige gevalle selfs langer.”

Die onlangse gebeure in Grabouw, waar staatsgrond en voltooide eenhede beset is, is volgens hom ’n bewys dat die nodige stappe gedoen moet word om dit te voorkom.

Die provinsiale regering is tans in die hof om die regsmiddel teenspoliasie te verkry. Teenspoliasie is ’n reg wat ’n eienaar het om sy eiendom te beskerm terwyl iemand dit van hom ontneem.

“Ons kan net begin om die behuisingsagterstand, wat op amper 600 000 in ons provinsie staan, reg te stel as ons almal saamwerk om hierdie misdadige gedrag te beëindig.”

Diegene wat behuising benodig moet die regte kanale volg, sê Simmers.

“Mense moenie dat ander hulle mislei met valse beloftes en onakkurate inligting nie. Die regering is hier om inwoners op te hef en te dien,” sê Simmers.

Meer oor:  Besetters  |  Tertuis Simmers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.