Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Besetters kwaad toe brand geblus word
Inwoners van 'n nedersetting buite Jacobsdal het weiveld van die Hoërskool Landboudal aan die brand gesteek.Foto: Verskaf

Grondbesetters het sedert Vrydag probeer om weiveld van die Hoërskool Landboudal in Jacobsdal in die Vrystaat te beset.

Volgens kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het ’n ANC-raadslid Vrydag erwe aan die besetters begin uitdeel.

Mbambo sê inligting is Saterdag omstreeks 11:30 ontvang dat Pascal Mlozana die gemeenskap opgesweep het om die weiveld, wat aan die skool behoort, aan die brand te steek.

Boere en veiligheidsgroepe uit die omgewing het gehelp om die brand te blus. Foto: Verskaf

Sy sê lede van twee gemeenskapsveiligheidsgroepe van Rietrivier en Jacobsdal en ook boere uit die omgewing het kom help om die brand te blus.

“Dit het die besetters kwaad gemaak. Tans is alles in bedwang, maar dit bly gespanne. Ons lede hou die situasie dop,” sê Mbambo.

Volgens Kempen Nel, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou in streek 18, is dit nie die eerste keer dat die gemeenskap opgesweep word om grond te beset nie.

Hy sê die besetters het reeds Vrydag begin om erwe op die veld, wat sowat ’n kilometer van die skool af is, af te steek nadat die heiningdrade om die terrein afgebreek is.

Die polisie is ingeroep om die situasie buite Jacobsdal in bedwang te bring nadat grondbesetters weiveld van die Hoërskool Landboudal aan die brand gesteek het. Foto: Verskaf

Volgens Nel het Mlozana Saterdagoggend kinders uit die gemeenskap opgesweep om die veld aan die brand te steek.

“Pieter du Toit en Danie Moolman het saam met lede van die gemeenskapsveiligheidsgroepe probeer om die brand te blus, maar kon nie voorbly nie en het my gebel om te kom help.”

Nel sê hy het nog boere uit die omgewing gekontak wat ook kom help het om die brand te blus en sigbaar te wees.

Volgens Nel het hulle gesukkel om die lede van die polisie se eenheid vir openbare orde te kry om die situasie te kom ontlont.

Die weiveld van die Hoërskool Landboudal word deur grondbesetters aan die brand gesteek.Foto: Verskaf

“Ek kan nie van my eie gemeenskap se polisie verwag om op te tree nie, want dan word hul huise ook geteiken – daarom was dit nodig om lede van Bloemfontein of Kimberley in te roep.”

Die besetters het glo die boere en lede van die gemeenskapsveiligheidsgroepe met klippe bestook terwyl hulle besig was om die brand te blus.

Nel sê die skool het wagte aanstel om die skoolkoshuis Saterdagnag te bewaak.

Een van die grondbesetters steek gras aan die brand.Foto: Verskaf

“Die ouers en kinders is angsbevange en ek het talle oproepe van ouers gekry wat wou weet of hulle hul kinders moet kom haal.”

Nel sê hy verstaan nie hoekom die ANC nie optree teen iemand wat buite sy mandaat optree nie.

Mlonzana sê die grond is in sy wyk en hoewel die skool se beeste daar wei, glo hy dit moet vir huise beskikbaar gestel word.

“Ek is bereid om te sterf vir die grond,” sê hy.

Hy neem die polisie kwalik dat hulle opgetree het en sê die polisie het op hulle geskiet en mense in hegtenis geneem.

Dié beweringe deur Mlonzana kon nie bevestig word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.