Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Betogings: Vergadering met Plet-gemeenskap ‘verloop goed’
Peter Lobese

Die Bitou-munisipaliteit sê ’n vergadering met die inwoners van Qolweni in Plettenbergbaai, waar gewelddadige betogings vyf dae lank voorgekom het, het goed verloop.

Peter Lobese, die burgemeester, het Maandag met die inwoners vergader.

Die betogings het verlede Donderdag begin en die gemeenskap het op die vergadering ingestem dat die N2 tussen Kwanokuthula en die Shell Ultra-vulstasie Maandagmiddag weer vir die verkeer oopgestel kon word.

Die gemeenskap was ontevrede oor ’n behuisingsprojek, onder meer oor die elektrifisering van tydelike eenhede, omdat arbeid uit Qolweni glo nie betrek is nie.

Tydens die betogings het die polisie sewe mense in verband met openbare geweldpleging in hegtenis geneem. ’n Sakeonderneming is ook in die betogings beskadig.

Die Qolweni-behuisingsprojek sal begin ná ’n proses van 21 werkdae waartydens ander tenderaars appèl kan aanteken. Indien geen besware ontvang word nie, sal van die kontrakteur verwag word om dadelik op die bouterrein te wees.

’n Proses om begunstigdes wat kwalifiseer van Qolweni na ’n oorgangsgebied te verskuif, sal begin en samelopend met die 21 dae geskied. Die munisipaliteit sal ook ’n gesin bystaan wie se huis Sondagaand afgebrand het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.