Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Beurtkrag lei tot krag-, waterprobleme in Vrystaat
Kabeldiewe het veroorsaak dat kragkabels in Odendaalsrus brand.Foto: verskaf

Talle Vrystaatse dorpe het Maandag krag- en waterprobleme ondervind en van dié probleme is deur beurtkrag veroorsaak.

’n Kragkabel wat gebrand het nadat beurtkrag toegepas is, veroorsaak tans dat Hennenman en Ventersburg nie water het nie. Sowat 60 000 mense word deur dié probleem geraak.

Maxi Badenhorst, DA-hoofsweep in die Matjhabeng-munisipaliteit, sê die kabelfout is eers Maandagmiddag opgespoor en die gebied sal waarskynlik eers teen Woensdag water hê.

Stefanie Jansen van Rensburg, ’n woordvoerder van Eskom in die Vrystaat, sê kabeldiefstal by die Warden-substasie het daartoe gelei dat Vrede en die omliggende landelike gebiede nie krag het nie.

Eskom hoop die kragtoevoer sal teen Maandagaand herstel wees.

Inwoners van Heilbron sê die krag in die substasie op dié dorp word nie weer dadelik ná beurtkrag aangeskakel nie en die dorp sit elke keer tot vyf uur lank sonder krag nadat daar beurtkrag was.

Danie Knoetze, voorsitter van AfriForum op die dorp, sê Eskom se werkers ry uit Frankfort om die krag aan en af te skakel en dit veroorsaak die oponthoud wanneer krag weer aangeskakel word.

Frankfort is 55 km van Heilbron af.

Igor Scheurkogel, ’n DA-lid van die Lejweleputswa-distriksraad en ’n inwoner van Odendaalsrus, sê kabeldiewe het Sondagnag toegeslaan en groot skade aangerig. Van die dorp se inwoners hoop om teen Maandagaand weer krag te hê.

Hy sê R14 miljoen se kabels is die afgelope tyd in Odendaalsrus gesteel.

In November het ’n substasie in die dorp ook weens kabeldiefstal uitgebrand.

Meer oor:  Ventersburg  |  Hennenman  |  Heilbron  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.