Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Beurtwater in B-Wes opgehef, perke aangepas

Beurtwater in Beaufort-Wes is Dinsdag opgehef en waterbeperkings aangepas, het die plaaslike munisipaliteit bekend gemaak.

Die Gamkadam is volgens die munisipaliteit 44% vol.

Kosie Haarhoff, Beaufort-Wes se munisipale bestuurder, sê in ’n verklaring die besluit om beurtwater op te hef is geneem as ’n regstreekse resultaat van die goeie reënval wat die dorp gehad het. Dit beteken dat daar nie meer saans beurtwater in enige woongebiede sal wees nie.

“Die reën het groot verligting vir al ons reservoirs en ondergrondse watertafels gebring,” sê Haarhoff.

Volgens hom is waterbeperkings tot vlak 3 verlaag. “Dit beteken dat elke huishouding nou 15 kiloliter water per maand mag gebruik volgens ons nuwe watertariewe stelsel,” sê hy.

Volgens hom is 25 boorgate in werking en die munisipaliteit is besig om te kyk hoe die boorgate water lewer ná die reën.

Die meeste reënval is volgens die munisipaliteit op 19 April (3 mm, 11,5%), 22 April (4 mm, 15%),

23 April (6,8 mm, 27%) en op 24 April (8,61 mm, 36%) ontvang.

Ondanks die reën word ’n beroep op die gemeenskap gedoen om steeds water te bespaar.

“Ons vra die gemeenskap om in ’n kultuur van waterbesparing te bly terwyl ons almal hoopvol wag op nog reën,” sê hy.

Meer oor:  Beaufort-Wes  |  Waterperke  |  Beurtwater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.