Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Beweerde Covid-bedrog van R11 m. in Potch-omgewing bekyk

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ondersoek beweerde bedrog en korrupsie met Covid-19-geld van R11,4 miljoen by die JB Marks-munisipaliteit in Potchefstroom en Ventersdorp.

Vyf voorvalle word ondersoek, luidens ’n dokument van die SOE in Netwerk24 se besit.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SOE, het Dinsdag gesê hy kan nie die bedrag ter sprake by JB Marks bevestig nie omdat dit nog finaal bepaal moet word. Volgens hom het ’n fluitjieblaser die beweerde ongerymdhede op 11 Augustus by die SOE aangemeld en het hul ondersoek op 14 Augustus begin.

“Die ondersoek na die bestuur van geld wat gebruik is, of moes word vir persoonlike beskermende toerusting is in ’n gevorderde stadium. Munisipale amptenare was na bewering by die ongerymdhede betrokke.”

Kganyago sê die hele ondersoek behoort sowat vier maande te duur.

Selfs die munisipaliteit se openbare rekeninge-komitee, wat die waghond is oor ons geldsake, sukkel om dokumente te kry,” sê Hattingh. “Tydens raadsvergaderings word elke vraag oor geldsake ontduik, dis net ’n taboe-onderwerp.

Die SOE het verlede week beslag gelê op rekenaars by die munisipaliteit. Moontlike ongerymdhede met die inrig van die kwarantynsentrum by die Potchefstroom-dam word ook ondersoek.

Die munisipaliteit het teen Dinsdagmiddag nog nie op ’n versoek vir kommentaar gereageer nie.

Hans-Jurie Moolman, DA-koukusleier in die JB Marks-munisipaliteit, en Chris Hattingh, ’n DA-raadslid, sê albei hulle is nog in die duister oor die fyner besonderhede van die bewerings omdat hulle sukkel om dokumentasie hieroor van die munisipaliteit te kry.

“Selfs die munisipaliteit se openbare rekeninge-komitee, wat die waghond is oor ons geldsake, sukkel om dokumente te kry,” sê Hattingh. “Tydens raadsvergaderings word elke vraag oor geldsake ontduik, dis net ’n taboe-onderwerp.”

Die DA het die munisipale begroting vir 2020-’21 vroeër vanjaar slegs voorwaardelik aanvaar. Die party se “nie-onderhandelbare voorwaardes” sluit verskeie kwessies in, onder meer vrae, mosies en versoeke om dokumente oor ’n tydperk van drie jaar te kry. “Die uitvoerende burgemeester, speaker en munisipale bestuurder weier en ignoreer ons versoeke hiervoor al vir jare,” sê Moolman. “ ’n Gebrek aan oorsig oor sake by die munisipaliteit het geleidelik tot ’n administratiewe stelsel gelei wat ’n vrugbare omgewing vir bedrog, diefstal en korrupsie geskep het.”

Moolman het Dinsdag gesê die DA het nog geen dokumente, soos versoek, ontvang nie.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder in Noordwes, het bevestig verskeie ander sake by JB Marks word ook ondersoek, maar dat meer besonderhede nie nou al bekend gemaak kan word terwyl die ondersoeke nog aan die gang is nie.

• Luidens die SOE-dokument in Netwerk24se besit, word meer as 30 departemente en entiteite landwyd ondersoek weens bewerings oor Covid-19-verwante wanadministrasie en korrupsie. Dit sluit verskeie munisipaliteite landwyd, asook nasionale staatsdepartemente in.

Van die kwessies wat ondersoek word, sluit in die verkryging van goedere en dienste rondom die bekamping van die pandemie, asook kospakkies, ventilators, ontsmettingstoerusting en outomatiese rolstoele. Aspekte rondom hospitale en kwarantynsentrums word ook ondersoek.

In Noordwes word spesifiek die verskaffing van reinigingsmiddels, persoonlike beskermende toerusting en temperatuurmeters bekyk, asook die moontlike misbruik van petrolkaarte vir ritte wat met die pandemie verband hou en die verspreiding van kospakkies.

Net een ander munisipaliteit in Noordwes word ondersoek, die Ratlou-munisipaliteit in ’n landelike gebied in die Delareyville-omgewing. Hier word sewe voorvalle bekyk waar ’n gesamentlike bedrag van R141 986 ter sprake is.

Die SOE ondersoek ook Noordwes se departemente van gesondheid, onderwys en maatskaplike ontwikkeling. Die bedrae ter sprake by gesondheid is R8 miljoen en by maatskaplike ontwikkeling R8,4 miljoen. Die bedrag by onderwys moet nog bepaal word.

Meer oor:  Hans-Jurie Moolman  |  Koronavirus  |  Covid-Bedrog  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.