Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Bitou: Appèlaansoek oor heraanstelling misluk

Die Bitou-munisipaliteit in die Wes-Kaap het Vrydag gesê hy bestudeer ’n uitspraak van die arbeidsappèlhof waar sy aansoek in verband met ’n saak oor die heraanstelling van die munisipale bestuurder van die hand gewys is.

Daarenteen het Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, gesê hy verwelkom dit dat die hof die munisipaliteit in die Tuinroete se appèlaansoek van die hand gewys het.

Die arbeidshof het in Augustus 2019 bevind die heraanstelling van Lonwabo Ngoqo as munisipale bestuurder, nadat hy in 2012 ná ’n tugproses afgedank is, onreëlmatig was en tersyde gestel moet word.

Bredell het die hof genader om die wettigheid van die munisipale raad te betwis en aangevoer dat sy ander opsies uitgeput is.

Volgens Bredell is Ngoqo onreëlmatig in Februarie 2019 heraangestel en is ’n bedrag van R781 184 onreëlmatig aan hom uitbetaal.

Vroeër is berig dat Ngoqo in 2012 afgedank is nadat hy in ’n tugproses skuldig bevind is aan finansiële wangedrag.

Die hof het sy heraanstelling en die skikkingsooreenkoms wat tussen Ngoqo en die munisipaliteit bereik is tersyde gestel en ’n kostebevel teen die raad gemaak.

Andile Namntu, woordvoerder van die Bitou-munisipaliteit, het Vrydag gesê die raad bestudeer die uitspraak en sal mettertyd sy standpunt bekend maak. Dié munisipaliteit sluit Plettenbergbaai in.

Bredell het in ’n verklaring dit verwelkom dat die munisipaliteit se appèlaansoek van die hand gewys is.

“Die Bitou-raad sal nou aanspreeklik wees vir die koste van ’n saak wat langer as wat dit nodig was, uitgerek is. Dit was tot die nadeel van die inwoners.”

Meer oor:  Tuinroete  |  Bitou-Munisipaliteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.