Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Bloed, afval oorstroom gholfbaan

Die gholfbaan in Ficksburg word oorspoel deur bloed omdat ’n uitlaatpyp van die slagplaas verstop word en bloed en ander afval deur dié pype op die baan beland.

Craig Bishop, baanopsigter, sê die “bloedbad” is die gevolg van ’n oorvol suiergat waarin afvalprodukte soos bloed en vet van die dorp se slagplaas opdam.

Die Ficksburg-gholfbaan is vol bloed omdat die slagplaas se pype verstop word en afvalprodukte hier opdam. Foto: Verskaf

“Dit is die munisipaliteit se verantwoordelikheid om die gat gereeld skoon en leeg te maak.

“Wanneer dit nie gedoen word nie, raak die gat vol en die bloed vloei uit deur die pyp wat deur die gholfbaan loop.”

Elke keer as daar by die slagplaas geslag word, sit ons met die gebakte pere.

Bishop sê hulle sukkel al omtrent tien jaar om die probleem opgelos te kry.

“Die baan is minstens drie keer ’n week vol damme bloed,” sê hy.

“Elke keer as daar by die slagplaas geslag word, sit ons met die gebakte pere.

“Twee jaar gelede is vasgestel die pyp wat die bloed en riool moet vervoer is te klein, en dit is die rede vir die verstopping en oorstromings op die gholfbaan.”

Bloed en riool borrel uit ’n mangat op die Ficksburg-gholfbaan. Foto: Verskaf

Hy sê kontrakteurs het toe aan die werk gespring om nuwe en groter pype aan te lê.

“Die kontrakteurs moes teen November 2019 klaargemaak het met die werk, maar ons het hulle ná November nooit weer gesien nie en die nuwe pypleiding is toe nooit voltooi nie.”

Spelers kom speel nie meer gholf hier nie en gesellighede word nie meer hier gehou nie omdat dit so sleg ruik en lyk.

In die laaste twee weke het daar ook riool en ander gemors uit die pype op die gholfbaan gevloei. Volgens Bishop was dit nooit in die verlede deel van die probleem nie.

Bishop sê die gemors veroorsaak dat al hoe minder mense die gholfbaan wil besoek.

“Spelers kom speel nie meer gholf hier nie en gesellighede word nie meer hier gehou nie omdat dit so sleg ruik en lyk.”

Die stroom bloed en ander afval op die Ficksburg-gholfbaan. Foto: Verskaf

Volgens hom was ’n verteenwoordiger van die departement van water en sanitasie Woensdag by die gholfbaan om die situasie te besigtig.

Die verteenwoordiger werk in noue verbinding met die gholfbaan om die probleem op te los.

Meer oor:  Ficksburg  |  Bloed  |  Afval  |  Gholfbaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.