Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Bloemwater verminder water aan Bfn oor skuld
Rossouw BotesFoto: Netwerk24

Rossouw Botes, DA-raadslid van Bloemfontein, is Woensdag oorval met oproepe uit die woonbuurt Pellissier oor geen water of swak waterdruk nadat Bloemwater sy waterlewering aan die metro tot 30% van die normale lewering verminder het.

Kom daar nie ’n oplossing deur die loop van Donderdag nie, kan die suide van Bloemfontein op ’n groot skaal geraak word.

Botes sê dit is die gevolg van wanbetaling van die metro aan Bloemwater.

Botes sê die metro het Woensdag die balans van die September-rekening, naamlik R42 miljoen, betaal wat nog uitstaande was.

Oktober se rekening van R56 miljoen en R22,3 miljoen vir agterstallige skuld, was teen Woensdag nog nie betaal nie.

Botes sê die openbare beskermer se kantoorpersoneel het aan hom bevestig dat die hoof van Bloemwater, dr. Limakatso Moorosi, aan hulle bevestig het dat die Oktober-rekening van R78 miljoen, wat die afbetalingsplan se R22,3 miljoen insluit, nog nie betaal is nie.

Meer oor:  Bloemwater  |  Rossouw Botes  |  Pellissier  |  Munisipale Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.