Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Bobani ‘se dae as burgemeester getel’

Mongameli Bobani skop vas, maar sy eie koalisieregering sê sy dae as burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro is getel.

Bobani het Maandag gesê hy gaan voort om die metro te bestuur en dinge gaan normaalweg voort. Maar Netwerk24 het by talle van sy koalisievennote verneem hulle wag net vir die volgende raadsvergadering op 17 Oktober om Bobani uit te skop.

Mongameli BobaniFoto: Verskaf

Lede van die ANC, die EFF, die AIC en die PA is dit eens dat hulle Bobani op dié raadsvergadering by wyse van ’n mosie van wantroue as burgemeester gaan uitstem.

Hulle wil van hom ontslae raak ten einde politieke stabiliteit te bring omdat sy administrasie volgens hulle nie bevoeg is nie, en om dienslewering aan inwoners van die metro te verbeter.

Op ’n vergadering verlede week agter geslote deure het Bobani sy teenstanders uitgedaag om aan hom briewe van hul nasionale leiers te wys dat hulle ’n mandaat het om te eis dat hy bedank.

Luxulo Namette, die UDM se streekkoördineerder, sê ná die vergadering het nie een van die persone teruggekeer met ’n brief van hul nasionale leiers nie.

Volgens hom dien dit as bewys dat hulle nie so ’n mandaat het om Bobani te vra om te bedank nie.

Marlon Daniels van die PA het bevestig sy party wil hê Bobani moet waai omdat hy nie bevoeg is vir die pos nie.

’n Burgemeesterskomiteelid van die ANC, wat anoniem wil bly, sê: “Ons het besluit om vooraf niks aan die media uit te lap nie, maar ek kan jou verseker 17 Oktober is sy laaste dag as burgemeester.”

Die regerende koalisie het 55 sitplekke in die metroraad. Hulle regeer met behulp van die EFF wat ses sitplekke het.

Die metroraad is al langer as ses weke in reses. Buyelwa Mafaya, die speaker, het die reses bekragtig sodat raadslede vir die tussenverkiesing in Wyk 20 kon voorberei.

Toe die ANC Wyk 20 op die tussenverkiesing op 18 September behou, is ’n raadsvergadering vir 27 September geskeduleer, maar dit is egter tot 17 Oktober uitgestel.

Indien Bobani as burgemeester onthef word, sal hy na verwagting deel bly van die koalisieregering, maar in ’n verskillende amp, meen ingeligtes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.