Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Bobani sê plakkers moet bougoed terugkry

Mongameli Bobani, burgemeester van Nelson Mandelabaai, het beveel dat boumateriaal van plakkers teruggebring word nadat hul huisies deur werknemers van die munisipaliteit afgebreek is.

Onwettige uitsettings sal nie toegelaat word nie, het hy Vrydag in Kwanobuhle gesê onder luide applous van honderde betogers wat hulle twee weke gelede onwettig daar kom tuismaak het.

Die polisie en lede van die metropolisie hou ’n oog oor die skare mense. Foto’s: Lulama Zenzile

Kort voordat hulle deur Bobani toegespreek is, is hul hutte afgebreek en alle boumateriaal met trokke weggery.

Mense het glo in opdrag van die munisipaliteit sowat 500 hutte in Bantomstraat, Kwanobuhle, afgebreek nadat hulle omstreeks 06:00 daar aangekom het.

Die polisie is ingeroep toe die mense paaie begin versper en brande in die straat gestig het. Traanrook is gebruik om die skare mense uiteen te dryf, maar hulle het gou weer vergader en het vryheidsliedjies begin sing.

Daar is brande gestig langs die pad terwyl die skare om die burgemeester gewag het.

Polisiebeamptes en lede van die metropolisie moes bontstaan toe hulle hoor die ontstoke groep mense gaan nêrens voordat Bobani hulle nie kom toespreek nie.

Bobani het ná 14:30 daar opdaag om na die mense te luister.

Van die klagtes wat hy aangehoor het, is dat die mense geen ander heenkome het nie en dat die munisipaliteit sonder ’n hofbevel daar opgedaag het om hulle van die perseel te verwyder.

Hulle het dit ook duidelik gemaak dat hulle nie vir Bobani gaan stem in die komende verkiesing as hy nie hul griewe ernstig opneem nie.

Mongameli Bobani, die Baaise urgemeester, luister aandagtig na die mense se griewe.
Die skare mense juig toe die burgemeester, Mongameli Bobani, aankondig hulle gaan nêrens nie.

Daarna het Bobani onder groot applous aangekondig dat die mense weer hul skuilings kan bou.

Talle mense het Bobani kom omhels en sy hand geskud voordat hulle dansend en singend daar weg is.

Bobani het by navraag gesê uitsettings wat onwettig gedoen word, sal nie deur die metro geduld word nie.

“As ons mense ongelukkig is, moet ons kom praat. Soos jy sien, is die burgemeester hier. Hy het kom praat met sy mense.

“Hulle is verkeerdelik uitgesit. Hulle gaan hul boumateriaal terugkry en alles is nou uitgesorteer,” het Bobani gesê.

’n Vrou gee vir die Baaise burgemeester, Mongameli Bobani, ’n drukkie om haar dankbaarheid te wys.
Meer oor:  Nelson Mandelabaai  |  Mongameli Bobani  |  Plakkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.