Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Bobani 'word verkeersbeampte'

Mongameli Bobani, burgemeester van Nelson Mandelabaai, het sy lyf Dinsdagoggend verkeersbeampte gehou om nasionale vervoermaand in die metro amptelik te open.

Mongameli Bobani, burgemeester van Nelson Mandelabaai, (middel) was deel van ’n padblokkade en het die vragmotor onpadwaardig verklaar. Foto: Lulama Zenzile

Bobani het in samewerking met die munisipaliteit se verkeersbeamptes, onder leiding van die metro se direktoraat vir veiligheid, padblokkades regoor Port Elizabeth gehou.

“Aangesien Oktober vervoermaand is, is dit belangrik om seker te maak almal is veilig op die paaie,” sê Bobani.

Hy het self ’n padblokkade op die Uitenhage-pad naby Noordeinde gelei en het deel uitgemaak van die verkeersbeamptes wat rybewyse en die padwaardigheid van voertuie nagegaan het.

By dié padblokkade het Bobani ’n vragmotorbestuurder se voertuig deurgesoek en bevind dit is in ’n onpadwaardige toestand.

Die verkeersbeamptes het ’n boete uitgereik en reëlings is getref om beslag te lê op die voertuig.

Daar is ook gekyk na watter motoriste uitstaande boetes en ander verkeersoortredings het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.