Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Botshabelo steier onder rioolvuil

Die DA het aan die Groen Skerpioene geskryf oor inwoners wat aan onverwerkte rioolvuil in Botshabelo in die Mangaung-metro-gebied naby Bloemfontein blootgestel word.

Die party meen menseregte word hier op gruwelike wyse misken.

So lyk die rioolvuilprobleme in Botshabelo by Bloemfontein. Foto: Verskaf

Tseko Mpakathe, DA-raadslid van die metro, sê inwoners wat in seksie C2 en E2 in Botshabelo bly, word al die afgelope twee maande aan die onverwerkte rioolvuil blootgestel wat ’n groot gesondheidsrisiko is.

“Die DA het die saak by die munisipaliteit aangemeld, maar geen permanente oplossing kon verkry word nie.”

Hy sê onverwerkte rioolvuil lê byna oral in Botshabelo en die munisipaliteit ignoreer die DA se voortdurende versoeke om die rioolstelsel te herstel.

Mpakathe sê dit veroorsaak ook slaggate in die paaie wat die munisipaliteit baie gaan kos om reg te maak.

“Die mense van Botshabelo het genoeg gely onder die mislukte ANC-regering wat nie hul belange op die hart dra en omgee vir hul gesondheid nie.

“Die gesondheid van ons inwoners en die omgewing word ernstig bedreig deur die ANC-regering wat nie ’n flenter omgee nie en sy gebrek aan ’n politieke wil om basiese diensleweringskwessies te takel,” sê Mpakathe.

*Oupa Segalwe, nasionale woordvoerder van die openbare beskermer (OB) se kantoor in Pretoria, sê die OB se kantoor kry swak samewerking van die metro wanneer die OB oor diensleweringsprobleme en -klagtes navraag doen.

Onverwerkte riool hou gesondheidsrisiko’s in vir die inwoners van Botshabelo naby Bloemfontein. Foto: Verskaf

“Ons is besig om ’n dagvaarding voor te berei om die stadsbestuurder te dagvaar sodat hy kan reageer op ons vrae. Ons het 32 klagtes oor vullisverwydering, geraas deur studente wat in studentehuise bly en geraas by sakeondernemings wanneer hulle nie hiervoor gesoneer is nie.”

Segalwe sê hulle gaan voort om sommige van die klagtes individueel te probeer oplos.

Adv. Tankiso Mea, stadsbestuurder van die metro, het in kommentaar aan Netwerk24 gesê “dinge begin gebeur”, menende dienslewering sal verbeter.

Rossouw Botes, DA-raadslid, sê dat daar nou 1 300 agterstallige rioolprobleme in die munisipale gebied is om in te haal.

Meer oor:  Groen Skerpioene  |  Botshabelo  |  Bloemfontein  |  Rioolvuil
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.