Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Bouwerk aan George-dam begin dalk in Maart

Bouwerk om die wal van die Tuinroetedam op George te verhoog, sal na verwagting in Maart 2019 begin.

Die werk behels onder meer die verhoging van die oorloop-stuwal, die struktuur wat vloedwater vrystel om te keer dat dit oor die damwal vloei.

Die munisipaliteit het by navraag gesê ’n proses is aan die gang om ’n kontrakteur vir die bouwerk aan te wys. Daar word voorsien dat die bouwerk moontlik in Maart 2019 kan begin as niks voorval nie. ’n Aankondiging oor die kontrakteur kan eers ná afloop van die hele proses gemaak word.

Die beoogde tydsraamwerk is om die aanstelling voor 14 Desember vanjaar – wanneer die boubedryf vir die jaar sluit – te voltooi.

Kontrakteurs keer op 14 Januarie 2019 terug werk toe en die verkose kontrakteur moet dan binne 21 dae ’n gesondheids-en-veiligheidsplan en waarborge vir werk indien nadat hy die projek aanvaar het. Sodra die plan aanvaar is, moet die kontrakteur by die Wes-Kaapse departement van arbeid om ’n konstruksiepermit aansoek doen. Die departement het 30 dae om op die aansoek te reageer.

Intussen moet die Wes-Kaapse departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning ook in kennis gestel word van die beoogde werk (minstens tien dae voordat met werk begin word). Die bouterrein word aan die kontrakteur oorhandig slegs wanneer die konstruksie-permit deur die departement van arbeid uitgereik is en die kontrakteur dit ontvang het.

*Woensdag was die dam 63,83% vol teenoor 65,53% op 7 November. Geen reën het sedert 8 November in die opvangsgebied geval nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.