Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Bouwerk aan Tuinroete-dam begin eindelik in Mei

Bouwerk om die wal van die Tuinroetedam in George te verhoog, sal in Mei begin, onderhewig aan die afhandeling van die kontrakdokumente, sê die George-munisipaliteit in ’n verklaring.

Die onderhandelingsproses duur reeds tien jaar.

Die werk behels onder meer die verhoging van die oorloop-stuwal, die struktuur wat vloedwater vrylaat om te keer dat dit oor die damwal vloei.

Kontraktuele prosesse word nog afgehandel, maar volgens Trevor Botha, munisipale bestuurder, is Khubeka Construction reeds as kontrakteur aangewys.

Die Tuinroetedam in George.

By voltooiing van die projek sal die dam 25% meer water kan berg. Die bouwerk sal sowat agt maande duur.

Die bouperseel sal nie toeganklik wees vir stappers of fietsryers nie en kennisgewingborde daaroor sal binnekort aangebring word.

’n Professionele damingenieur wat by die departement van water en sanitasie geregistreer is, sal toesig oor die bouwerk hou. Die bou-ontwerp is deur die departement se afdeling vir damveiligheid goedgekeur.

Indien moontlik sal die gebied toeganklik gemaak word vir die 2019-’20-Desember-Januarie-vakansietyd afhangend van hoe die bouwerk vorder en die veiligheid van die bouperseel, sê die munisipaliteit.

Woensdag was die Tuinroetedam 91,31% vol. Sedert 4 April het 13 mm reën in die opvangsgebied geval. Die daaglikse waterverbruik in George se munisipale gebied is 31,21 megaliter water teenoor die mikpunt van 22 megaliter per dag. Die dam het genoeg water vir nege maande, volgens die munisipaliteit.

Meer oor:  Trevor Botha  |  George  |  Tuinroetedam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.