Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Bouwerk by Tuinroetedam voltooi

Werk om onder meer die oorloop-stuwal van die Tuinroetedam in George te verhoog is voltooi en die dam se perseel word op 15 Desember weer oopgestel, het die munisipaliteit Dinsdag gesê.

Die oorloop-stuwal laat vloedwater vry om te keer dat dit oor die damwal stroom.

Die gebied was vir die duur van die bouproses vir die publiek gesluit.

Volgens die munisipaliteit is die grond- en betonwerk voltooi en voldoen dit aan die vereistes. Kleiner werk en afwerkings word nog gedoen, maar ’n besluit is geneem om die perseel vir die publiek oop te stel.

Om die werk te voltooi moes die damvlak onder 75% gehou word, lui ’n verklaring. Toe die vlak Maandag gemeet is, was dit 71,54%.

Bouwerk by die Tuinroetedam in George. Foto: Verskaf

Die nuwe oorloop-stuwal is volgens die munisipaliteit bo grondvlak tussen 3,7 m en 4,7 m hoog en 80 m in lengte.

Die munisipaliteit het ’n reeks beheerde brande in die gebied gedoen om indringerplantegroei uit te roei wat ’n brandgevaar inhou.

Die Cape Agency for Sustainable Integrated Development in Rural Areas (Casidra) gaan na verwagting ook vroeg in 2020 met ’n projek begin om indringerplantegroei langs die Kat- en Swartrivierstelsel uit te roei.

Die publiek betree die gebied op eie risiko en word gevra om versigtig te wees totdat die perseel aan die munisipaliteit oorhandig word. Hulle moet byvoorbeeld nie op die nuwe bouwerk rondklouter nie.

Melvin Naik, George se burgemeester, sê die dam se verhoogde kapasiteit is ’n positiewe stap in die deurlopende ontwikkeling van George.

Mense word gevra om steeds water te bespaar. Vlak 2B-waterbeperkings geld in George se munisipale gebied.

Die munisipaliteit het vroeër gesê die projek is die eerste in sy soort in George en die Wes-Kaap. Die beplanning daarvoor het reeds in 2008 begin.

Meer oor:  Tuinroetedam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.