Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Buffalo City breek besetters se strukture af

Die Buffalo City-metro het 42 strukture van vermeende grondgrypers in die metro afgebreek.

Dinsdag is 16 van die strukture in samewerking met amptenare van die munisipale kantoor vir menslike nedersettings en die polisie afgebreek.

Munisipale werkers breek verlede week een van die strukture af in die Westbank Restitution-gebied in Oos-Londen. Altesaam 26 strukture is verlede week in die gebied afgebreek.

Die optrede kom nadat die metro verskeie klagtes ontvang het van grondgrype wat naby die gewilde Hemingways-winkelsentrum in Oos-Londen plaasvind.

Samkelo Ngwenya, munisipale woordvoerder, het aan Netwerk24 gesê niemand is Dinsdag in hegtenis geneem nie en die mense in die gebied is gewaarsku teen verdere grondgrype.

Dinsdag se klopjag kom ses dae nadat die metro 26 onvoltooide strukture in die Westbank Restitution-gebied afgebreek en die boumateriaal gekonfiskeer het.

Die optrede kom nadat die munisipaliteit ’n grondoudit gedoen het en eienaarskap van oop grond bepaal is.

’n Man is Dinsdagoggend besig om as deel van die Buffalo City-metro se optrede teen grondgrype ’n struktuur naby die Hemingways-winkelsentrum in Oos-Londen af te breek.

Ngwenya sê grondgrype in die metro kom veral voor wanneer mense die gebied op soek na beter sosio-ekonomiese geleenthede binnekom. Die metro waarsku egter dat hy dit nie sal duld nie en dat sy klopjagte sal voortduur.

“Grondgrype benadeel dienslewering en plaas druk op infrastruktuur, aangesien die meeste grond wat beset word, nie vir nedersettings geskik is nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.