Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Burgemeester betaal glo nie water en ligte

Lucky Phooko, Moqhaka-munisipaliteit se nuutverkose burgemeester, se munisipale rekenings is met R108 000 agterstallig, sê ’n fluitjieblaser in die munisipaliteit.

Navrae wat reeds Maandag aan Dika Kheswa, die munisipale woordvoerder, gerig is, was teen Donderdag nog onbeantwoord.

Die Moqhaka-munisipaliteit bedien Viljoenskroon, Steynsrus en Kroonstad.

Die fluitjieblaser beweer Phooko se skuld het reeds sedert 2015 begin ophoop en die ANC-beheerde raad wil dit as ’n onreëlmatige uitgawe laat afskryf.

Phooko se munisipale skuld, wat deur opposisiepartye as ’n besprekingspunt vir die raadsvergadering genotuleer was, is glo doelbewus op die vergadering oorgeslaan.

Lucky Phooko
Lucky Phooko. Foto: Twitter/ANC Free State

Volgens ’n ingeligte in die ANC het ANC-raadslede by die party se bestuur in die Vrystaat opdrag gekry om ten gunste van so ’n afskrywing te stem.

Heloïse Jordaan, parlementslid van die VF Plus, sê die party het twee vrae by die Vrystaatse wetgewer ingedien.

Die eerste vraag is hoeveel Phooko die Moqhaka-munisipaliteit skuld en die tweede vraag is hoeveel skuld munisipale amptenare en raadslede by al die munisipaliteite in die Vrystaat.

Die party wag nou dat die inligting verskaf word.

Skully Thembeni Nxangisa, die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), moet ook verduidelik wat gedoen word om agterstallige geld in te vorder.

Jordaan sê volgens art. 12A van Skedule 1 van die Stelselwet, mag raadslede nie meer as 90 dae agterstallig wees met hul munisipale rekeninge nie.

Die Stelselwet is ’n erekode vir raadslede.

Meer oor:  Viljoenskroon  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.