Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Burgemeester onder skoot oor komberse en kospakkies
Dan Plato, die burgemeester van Kaapstad, tydens die funksie in Delft.Foto: Verskaf

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het Maandag dit duidelik gestel dat hy op ’n amptelike stadsfunksie komberse en kospakkies in Delft uitgedeel het.

Die ANC het Maandag vuur gespoeg en wou weet “of dit ’n stadsfunksie was of deel van Plato se veldtog om die metro-voorsitter van die DA te word”.

Plato het ontken dat dit met sy verkiesingsveldtog verband hou.

Die saal waar die funksie gehou is, het ’n duidelike DA-ondertoon gehad met van die mense wat T-hemde gedra het waarop staan “Stem vir Dan Plato”.

Selfs DA-raadslede wou weet wie vir die komberse en kospakkies betaal het.

Xolani Sotashe, ANC-leier in die metroraad, het gesê dit is onaanvaarbaar dat daar DA-embleme by stadsfunksies is. “Plato is besig om stadsgeld te gebruik om sy veldtog te dryf. As dit die ANC was, sou die DA slange gevang het.”

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, deel komberse uit.Foto: Verskaf

Plato het gesê hy is in die hoedanigheid van sy amp gevra om hulle te besoek omdat die gemeenskap in nood is.

“Ek deel kospakkies uit, ongeag mense se politieke

verbintenis. Daar was mense in ANC- en EFF-T-hemde ook en hulle is nie weggewys nie. Vir my maak dit nie saak aan watter politieke party mense behoort nie – as hulle behoeftig is, sal hulle kospakkies kry,” het Plato gesê.

Volgens hom is dit ook glad nie vreemd dat daar DA-embleme, insluitend ’n partytafeldoek, in die lokaal was nie.

“Vir my maak dit nie saak watter party-embleme daar is nie. Ek gaan as burgemeester van die stad, en dit is dit. Mense moet nie kla oor dinge waarvan hulle nie weet nie. Die waarheid is dat ek en my span inwoners in nood gaan help het.

“Ek moet bieg dat daar mense in DA-T-hemde was, maar ons kan niemand wegwys nie. Hierdie geleentheid het niks met my veldtog te doen gehad nie. My plig is om aan elke honger mens te gee wat ons kan.”

Plato het verlede maand aangekondig dat hy as kandidaat vir die voorsitterskap van die DA in die Kaapstad-metro gaan staan.

Hy sal teen Grant Twigg, huidige DA-voorsitter van die streek, te staan kom.

• Die DA reëls stipuleer duidelik dat indien ’n partyveldtog gehou word, mag werkers nie meer as R100 betaal word nie en goedere wat uitgedeel word, mag nie meer as R100 kos nie.

Meer oor:  Delft  |  Dan Plato  |  Kospakkies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.