Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Burgemeester veil ampsmotor op, samel geld vir Sol Plaatje in

Die uitvoerende burgemeester van Kimberley gaan onmiddellik sy ampsmotor, ’n Audi Q7 van meer as R1 miljoen, verkoop om dienslewering te verbeter.

Patrick Mabilo, burgemeester van Kimberley. Foto: Christiaan Cloete

Die motor, wat deur die vorige omstrede burgemeester aangekoop is, gaan opgeveil word, omdat dit geld vir die sukkelende munisipaliteit kan inbring.

Patrick Mabilo, burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê in ’n verklaring die voertuig met die registrasienommer Sol 1 NC gaan as ’n gewetensbesluit verkoop word.

Die aankoop van die voertuig vir Mangaliso Matika, destyds uitvoerende burgemeester, het die gemeenskap baie ontevrede gemaak. Inwoners het in ’n gewelddadige betoging die aankoop van die duur motor as een van hul griewe genoem.

Matika is later weens gemeenskapsdruk gedwing om te bedank.

In die daaropvolgende forensiese ondersoek deur die departement van samewerkende regering is bevind dat Lydia Mahlako, geskorste finansiële hoof, destyds slegs verbale opdrag gegee het dat die voertuig gekoop moet word.

Dit is nie op skrif bevestig nie, wat ’n oortreding van aankoopprosedures en teenstrydig met beste praktyke is.

Andrew Louw, DA-leier, het ook te velde getrek teen die aankoop van die motor. “Die omstrede aankoop van Matika se Audi Q7-voertuig het drie keer op tender uitgegaan totdat dit aan ’n maatskappy in Bloem­fontein gegee is. Dié maatskappy het voorheen die munisipale vloot teen R5,7 mil­joen bestuur,” het hy gesê.

Die huidige beleid is om alle koste en materiële voordele en luukshede te besnoei.

Mabilo sê hy het besluit om die ampsmotor te verkoop weens die finansiële probleme wat die munisipaliteit in die gesig staar.

“Die huidige beleid is om alle koste en materiële voordele en luukshede te besnoei. Ons is ernstig oor dienslewering en daarom moet die burgemeester die voorbeeld stel en voordele en luukshede besnoei.”

Mabilo sê sedert hy burgemeester geword het, het hy sy eie motor op sy eie koste gebruik, en nie die ampsmotor nie. Alle munisipale bates moet tot die inwoners se voordeel aangewend word.

Mabilo gebruik ook nie sy ander voordele soos sekuriteitsmaatreëls wat ’n nuwe heining, kameras en alarmstelsel insluit nie.

Meer oor:  Mangaliso Matika  |  Patrick Mabilo  |  Sol Plaatje  |  Kimberley  |  Dienslewering  |  Burgemeester  |  Ampsmotor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.