Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Buurtwag ‘loer in’ by bosslapers in Bfn
’n Lid van die Noordelike Buurtwag-assosiasie sny hier die plantegroei en bome oop sodat die blyplekke van plakkers naby Bloemfontein se noordelike woonbuurte bly, mooi gesien kan word.

’n Mes, luggewere, gesteelde debietkaarte, ’n rybewys, dubbelbedmatrasse, braaiers, koordlose telefone, juwele, selfoonlaaiers, speelgoed-skootrekenaars, tasse met wieletjies, en selfs bondels wasgoed.

Dit is van die vermoedelik gesteelde items wat Florein de Winnaar, uitvoerende hoof van die Noordelike Buurtwag-assosiasie en haar span, Saterdae uit die Seinheuwelkoppie en uit die veld tussen die koppies by Happy Valley, haal.

Die afgelope Saterdag was dit die negende keer dat hulle opruimingswerk hier gaan doen het.

Die luggewere (BB Guns) wat in Seinheuwel-koppie en in Happy Valley by bosslapers gekry is.

De Winnaar sê as sy moet skat is dit sowat 40 mense wat in die koppies en veld by Bloemfontein se noordelike woonbuurte soos Dan Pienaar, Westdene en Arboretum “plak.”

“Die mense is gevaarlik. Hulle dreig my en my werkers as ons Saterdagoggende daar gaan werk om hulle neste op te ruim en skoon te maak.

“Maar ons moet dit gaan doen. Ons het nie meer ’n keuse nie,” sê De Winnaar.

Sy sê die mense wat daar “plak” kom van plekke soos Bethlehem, Pietermaritzburg en Queenstown.

“Ek vra hulle waar hulle vandaan kom en dit is die antwoorde wat ek kry.”

Die magasyn is by Happy Valley in Bloemfontein by bosslapers gevind.

De Winnaar sê hulle maak sowat sewe tot agt woonplekke oor ’n naweek skoon. “Die mense wat daar woon speel die perde en lotery, kom ons agter. Hulle het emmers waaruit hulle skeer met spieëls byderhand. Daar is ook dubbeldbedmatrasse. Dit is kompleet soos ’n huis in ’n bos ingerig.”

De Winnaar sê terwyl die mense so “plak”, neem huisinbrake in die noordelike woonbuurte van Bloemfontein toe.

Volgens haar het mense in ’n silwer BMW-voertuig Vrydag in Paul Rouxstraat in Dan Pienaar probeer inbreek, waarvandaan hulle na Genl. Conroystraat is om ook daar te gaan inbreek. Saterdag was dieselfde mense in Genl. Conroystraat en verlede week was hulle in Langenhovenpark in Bloemfontein.

De Winnaar sê sy wil die inwoners van die noordelike voorstede in Bloemfontein waarsku om uiters versigtig te wees.

Gesteelde bank- en debietkaarte, asook 'n rybewys, wat in die Seinheuwel-koppie en by Happy Valley in Bloemfontein gevind is.

“Vandat die bouery by die Prellerplein-winkelsentrum aan die gang is, het diefstalle ook toegeneem. Daar is geen wagte laataand by die winkelsentrum nie. Dit is ook nie mooi verlig nie. Mense behoort nie na-ure hier by banke geld te trek nie.”

De Winaar sê sewe mangatdeksels is onlangs in Paul Roux-, Morgan- en Dickie Clark-straat in Dan Pienaar gesteel.

“Trap ’n mens in daardie diep gate, kan jy jou bene breek.”

Sy sê goeie samewerking word van die polisie in Westdene verkry, asook van prof. Fief van der Merwe, DA-raadslid, van die gebied.

“Ons waardeer die ondersteuning omdat ons eenvoudig nie met ons werk kan ophou nie.”

Meer oor:  Bloemfontein  |  Buurtwag  |  Gevaarlik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.