Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Centlec sit Waterfront in Bfn se krag af ‘weens skuld’

Centlec, elektrisiteitsverspreider van die Mangaung-metro, het Woensdag bevestig dat hy die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein se krag afgesny het vir agterstallige skuld van tussen R10 miljoen en R15 miljoen.

Die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein. Foto: Jens Friis

Lele Mamatu, woordvoerder van Centlec, het by navraag gesê dat die Loch Logan-waterfront een van talle elektrisiteitsverbruikers van die metro is wie se krag nou afgesny is.

Hy het teen 18:02 gesê die krag is nie weer aangesit nie. “Ons wag vir betaling wat gemaak moet word.”

Meryl Henning, woordvoerder van die Loch Logan-waterfront, sê sy het self ’n winkel in die waterfront en dit is beslis nie twee dae dat die krag af is nie.

Dit was net Woensdag af.

Sy meen daar is die een of ander misverstand.

“Ek probeer vir Michael Georgiou (van die eienaars) in die hande kry. Hy is op Woensdae, Donderdae en Vrydae in Johannesburg in vergaderings tot laataand,” het sy Woensdagaand gesê.

Verdere kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Centlec  |  Bloemfein  |  Loch Logan-Waterfront  |  Krag Afgesny  |  Kragvoorsiener  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.