Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
City Power sukkel om krag aan te kry in die reën

Huishoudings in sekere dele van Johannesburg was Dinsdag ure ná beurtkrag steeds sonder elektrisiteit.

City Power se Hursthill-depot het Dinsdag ’n rekordgetal klagte-oproepe ontvang toe die elektrisiteit nie teen die geskeduleerde tyd aangeskakel is nie. Van 08:00 tot 12:00 het die depot reeds meer as 4 000 oproepe ontvang.

In ’n verklaring sê Isaac Mangena, City Power-woordvoerder, die diens sukkel om die krag ná beurtkrag oor groot dele van Johannesburg aan te skakel vanweë die reën.

Die Hursthill-depot sluit omgewings soos Northcliff, Noordgesig, Melville, Auckland Park, Mayfair, Emmarentia en Crown in.

Mangena sê die meeste probleme het ingetree nadat fase ses-beurtkrag Maandag skielik aangekondig is.

Hy sê City Power se netwerk word beïnvloed deur beurtkrag. Dis nie raadsaam vir inwoners om al hul toestelle aan te skakel net nadat die krag aangekom het nie.

“Wanneer daar beurtkrag is, is daar baie druk op ons netwerk.”

Weens veiligheidsredes mag die operateurs nie tydens beurtkrag werk nie omdat die krag enige tyd kan aankom en ’n gevaar kan inhou.

Mangena doen ’n beroep op inwoners om geduldig te wees terwyl City Power werk om elektrisiteit in sekere omgewings te herstel. Meer spanne is uitgestuur om hieraan te werk.

City Power vra om verskoning vir die ongerief.

Op Twitter het gebruikers uitgevaar en hul misnoeë uitgespreek omdat daar ure ná beurtkrag steeds geen elektrisiteit in hul omgewings was nie. Inwoners van veral Sophiatown, Albertville en Westdene sê beurtkrag het Dinsdag gekom en gegaan, maar hulle het steeds nie krag gehad nie.

Dinsdagaand het Eskom aangekondig dat fase vier-beurtkrag tot fase twee afgeskaal is.


Meer oor:  City Power  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.