Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Covid-19: Geen vullis verwyder in Knysna ná werker sterf

’n Vullisverwyderaar van Knysna is moontlik aan Covid-19-verwante oorsake dood.

As ’n voorsorgmaatreël en om die veiligheid van die werknemers en die publiek te verseker sal geen vullis dus tot 5 Julie in die dorp verwyder word nie, sê die munisipaliteit in ’n verklaring.

Volgens die munisipaliteit is dit nie bevestig nie, maar daar is ’n moontlikheid dat die vullisverwyderaar se dood die naweek met die Covid-19-virussiekte verband hou.

Die vullisverwyderingsafdeling is hierna as voorsorgmaatreël gesluit. Die oorledene se medewerkers is in self-isolasie en sal siftings ondergaan en getoets word indien dit nodig blyk te wees.

Die vragmotors wat vullis verwyder en die betrokke geboue sal ook ontsmet word.

Vullis sal wel in Sedgefield, Buffelsbaai, Karatara en Rheenendal in Knysna se munisipale gebied verwyder word. Die oorlaaistasie vir vullis sal van Maandag tot Vrydag van 07:30 tot 13:00 oop wees.

Dr. Louis Scheepers, Knysna se waarnemende munisipale bestuurder, sê in die verklaring dat die personeel en die publiek se veiligheid voorkeur geniet en dat die nodige protokolle gevolg word. Alle noodsaaklike werknemers is voorsien van beskermende kleredrag en die riglyne van die departement van gesondheid word gevolg, soos om die daaglikse neem van koors en om seker te maak dat ’n gesonde afstand in die werkplek gehandhaaf word.

Meer oor:  Knysna  |  Vullis  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.