Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
DA behou wyk in Mangaung met 44% van die stemme

Die DA het Woensdag geseëvier in die tussenverkiesing in wyk 47 in die Mangaung-metro.

Dr. Roy Jankielsohn

Dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van amptelike opposisie in die Vrystaat, het op sy Facebook-blad gesê met die 44,26% (1 481) stemme wat Mokgadi Kganakga op hom verenig het, behou die party dié wyk wat dele van Heidedal, Bloemspruit, Roodewal, Pinehaven, Raceway, Grassland en Bloemside insluit.

In 2016 het die DA ook dié wyk met 45,93% van die stemme gewen, terwyl die ANC 40,47% en die EFF 10,28% gekry het.

Uit die 11 129 geregistreerde kiesers in dié wyk het slegs 3 346 in die tussenverkiesing gestem.

Die ANC se kandidaat, Royston van Heerden, het 36,61% (1 225), Thelma Byneveldt van die EFF 6,13% (340) en William van der Ross van die Patriotic Alliance (PA) 10,16% (340) stemme gekry.

Yongama Mafongosi, ’n onafhanklike kandidaat, het 2,69% (90) van die stemme gekry en vyf kiesers het vir Eldene Davids van die African Progressive Movement (APM) gestem.

Meer oor:  Mangaung  |  Roy Jankielsohn  |  Bloemfontein  |  Tussenverkiesings  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.