Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
DA beplan mosie van wantroue teen Olly

Die DA beplan om op die volgende metroraadsvergadering in Bloemfontein ’n mosie van wantroue teen Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester van Mangaung, in te dien.

Mokgadi Kganakga, DA-raadslid, sê in ’n nuusverklaring dit is al herhaaldelik bewys die burgemeester is onbevoeg om die metro te lei.

Mokgadi Kganakga, DA-raadslid.

“In sake wat dienslewering raak, tree sy reaktief op, pleks van proaktief.”

Kganakga sê die DA het vertroue in Mlamleli verloor en meen dat sy om die volgende redes van haar amp moet afstand doen:

* Bloemfontein is deurtrek van die vullis en stank en dit maak dit onder meer moeilik vir smouse om handel te dryf, spesifiek diegene wat kos verkoop.

* Omdat vullis nie betyds verwyder word nie, is die hele Mangaung oortrek van swart sakke met tuin- en huisvullis.

* Gebarste waterpype word nie betyds reggemaak nie, wat veroorsaak dat skoon en vars water vrylik wegvloei. Dit dra by tot slaggate op paaie wat reeds in ’n slegte toestand is.

* Rioolvuil vloei in die strate, wat stank veroorsaak en veral kinders aan siektes blootstel.

* Geen plan of strategie bestaan om verouderde infrastruktuur te vervang nie en dit is die hoofrede waarom water- en rioolpype bars.

* Inwoners ervaar daagliks dat elektrisiteit afgesny word, selfs al is daar geen beurtkrag nie.

* Die metro laat inwoners gereeld in die steek om hulle gereeld van water te voorsien.

Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester van Mangaung.

“Dit is die simptome van ’n munisipaliteit wat misluk en onbevoegde leierskap. Ernstige skendings van menseregte vind plaas: Inwoners het die reg op water en ’n skoon omgewing, soos wat in die Handves van Menseregte in die Grondwet uitgestippel word.”

Kganakga sê die DA kan nie hieroor stilbly nie.

“Ons sal ’n mosie van wantroue teen die burgemeester instel, en sy sal plek moet maak vir ’n bekwame werknemer wat met integriteit en toewyding diens aan die metro se inwoners kan lewer.”

Mlamleli sê by navraag sy het van die mosie gehoor.

“Ek sal wag totdat die speaker, Mxolisi Siyonzana, dit vir my gee voordat ek reageer. Dit sal voortydig wees om nou te reageer as ek self nog nie die mosie amptelik onder oë gehad het nie,” sê sy.

Meer oor:  Da  |  Anc  |  Mangaung  |  Olly Mlamleli  |  Mokgadi Kganakga  |  Bloemfontein  |  Mosie Van Wantroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.