Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
DA bly oor groen lig vir ondersoek na stadsbestuurder

Die DA in die Mangaung-metro is verheug dat die raad sy versoek goedgekeur het om bewerings van wangedrag teen adv. Tankiso Mea, die stadsbestuurder, te ondersoek.

So sê Hardie Viviers, koukusleier van die DA in die metroraad, in ’n verklaring nadat die versoek Donderdag op ’n raadsvergadering goedgekeur is.

Hardie Viviers, koukusleier van die DA in die Mangaung-metroraad. Foto: Argief

“Dit kom weke nadat die DA die versoek aan die waarnemende burgemeester, Lebohang Masoetsa, gerig het om die bewerings in die raad ter tafel te neem. Dit moet ingevolge wetgewing binne sewe dae nadat dit ontvang is deur die burgemeester of speaker ter tafel geneem word.”

Viviers sê hulle wag nou op die raadsvergadering, wat voor 30 Maart moet plaasvind.

“Die DA sal dan sy mening lug oor die aanstelling van ’n onafhanklike ondersoeker om die bewerings te ondersoek en ’n verslag aan die raad te lewer binne 30 dae vanaf die aanstelling. Dit is oor die aanbevole tugstappe wat gedoen moet word.”

Viviers sê die DA meen die stadsbestuurder het die inwoners van Mangaung gruwelik in die steek gelaat in sy hoedanigheid as die munisipaliteit se hoof van administrasie.

“Die bewerings is ter tafel geneem in ooreenstemming met die bevindings van die ouditeur-generaal in sy 2018-’19-jaarverslag. Die DA glo dat die stadsbestuurder verantwoordelik gehou moet word daarvoor dat basiese dienste nie aan die inwoners gelewer word nie.”

Volgens Viviers sal die volgende stap wees om vir die ANC ’n onafhanklike ondersoeker aan te beveel.

Thabo Meeko, Vrystaatse woordvoerder van die ANC. Foto: Argief

“As dit ’n kaderontplooiing is, sal al ons harde werk verniet wees.”

Hy sê die DA sal aanhou veg vir behoorlike basiese dienslewering aan die inwoners van Mangaung en sal al die moontlike doen om die ANC-beheerde regering in die regte rigting te stuur nadat die ondersoek goedgekeur is.

“Met die hulp van ons inwoners kan ons die verandering bring wat ons nodig het. Ons het slegs 8% meer stemme nodig om die ANC onder 50% te dwing en om die DA die kans te gee om Mangaung in ’n koalisieregering te bestuur, saam met partye wat die waardes en beginsels van die DA deel.”

Thabo Meeko, provinsiale woordvoerder van die ANC, sê egter hy dink nie die ANC sal minder as 50% van die stemme in die munisipale verkiesing vanjaar kry nie.

“Die mense is steeds lief vir die ANC, maar erken dat die party swakhede het. Hulle het die metro ‘reggeruk’ tot so ’n mate dat behoorlike dienslewering sal kan plaasvind.”

Qondile Khedama, woordvoerder van die metro, sê hy is nie seker wanneer die volgende raadsvergadering plaasvind nie.

Meer oor:  Adv. Tankiso Mea  |  Mangaung  |  Stadsbestuurder  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.