Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
DA dien klag by polisie in oor Mangaung se rioolvuil
Adv. Tankiso Mea, stadsbestuurder van Mangaung (regs).

Die DA in die Mangaung-metro gaan Vrydag ’n strafregtelike klag teen adv. Tankiso Mea, die stadsbestuurder, indien omdat hy nie sorg dat die metro se rioolprobleme opgelos word nie.

Rossouw Botes, DA-raadslid, sê die metro oortree die Waterwet en die Handves van Menseregte omdat hy inwoners hul reg op toegang tot sanitasie en ’n veilige omgewing ontsê.

“Inwoners meld daagliks talle verstopte riole by die inbelsentrum van die munisipaliteit aan, maar die meeste van die probleme kry geen aandag nie. Verstopte rioolstelsels wat oorloop, hou ’n gesondheidsgevaar in.”

Terselfdertyd wil die metroraad R100 000 bestee aan die begrafnis van ’n raadslid. ’n Spesiale raadsvergadering wat Donderdag sou plaasvind om dié bedrag goed te keur vir die begrafnis van Tshepo Motsomi, is tot Dinsdag uitgestel nadat die DA uitgewys het dit sou onwettig wees om dit Donderdag te hou omdat daar nie betyds kennis gegee is van die vergadering nie.

Die DA sê die metro wend geen poging aan om die probleme met ’n groot klomp lekplekke en gebarste pype in die rioolstelsel op te los nie.

Rossouw Botes, DA-raadslid.

“Rioolvuil loop langs die stad se strate af en varswaterbronne raak besmet. Dit hou al hoe meer gesondheidsgevare in. Dit is ’n strafregtelike oortreding om nie na die rioolstelsel om te sien nie. Die omstandighede kan nie toegelaat word om verder te verswak nie.

Botes sê die rioolstelsel in Mangaung is vir die laaste vier jaar nie meer effektief nie.

Sedert die Samwu-staking van Mei tot Julie vanjaar, het rioolverstoppings ’n selfs groter katastrofe in die metro geword.

Selfs nadat ’n klagte by die Groen Skerpioene ingedien is, het dit nie beter gegaan nie. Mea is baie bewus van die rioolprobleme, maar het steeds nie ’n aksieplan opgestel van hoe die probleme opgelos gaan word nie.

Mea is om kommentaar oor die saak genader, maar het nie sy foon geantwoord nie.

Meer oor:  Rossouw Botes  |  Bloemfontein  |  Mangaung-Metro  |  Riool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.