Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
DA dreig met OB, OG oor Mangaung se bestuurder

Die DA in die Mangaung-metro gaan klagte by die openbare beskermer (OB) en ouditeur-generaal (OG) indien as die waarnemende burgemeester en speaker die wet verontagsaam oor klagte wat teen die metro se munisipale bestuurder ingedien is.

Hardie Viviers, koukusleier van die DA, sê in ’n verklaring die party het op 9 Februarie vanjaar klagte van wangedrag en wanadministrasie teen adv. Tankiso Mea, die munisipale bestuurder, ingedien. Dit is gerig teen Mea as die metro se hoof van administrasie.

“Ons het aan Lebohang Masoetsa, die waarnemende burgemeester, Mxolisi Siyonzana, die speaker, en Mzwake Mofokeng, hoof van provinsiale administrasie, geskryf dat die 14 dae waarin die bewerings op ’n spesiale raadsvergadering van die metro bespreek moes word, verstryk het.

Mxolisi Siyonzana, die speaker. Foto: Argief

“Dit kan nie ongesiens verbygaan dat die munisipale bestuurder daarin misluk het om basiese dienste aan die inwoners van Mangaung te lewer nie.”

Volgens Viviers versuim Mea ook om aan wetgewing te voldoen en om die jaarverslag betyds ter tafel te lê en om te verseker dat daar beheer oor die begroting is en kontrakteurs betyds betaal word.

Hy sien nie toe dat geld in ooreenstemming met die begroting bestee word nie en verminder ook nie onnodige besteding nie, sê Viviers.

Verder stel hy die gesondheid van inwoners tydens die pandemie in gevaar.

“Ons het geen beswaar as die munisipale bestuurder voorleggings wou doen oor die beweerde wangedrag en wanadministrasie nie, maar hy kon dit gedoen het binne die 14 dae tydperk. Ons is van mening dat die leierskap van Mangaung vertragingstegnieke gebruik,” sê Viviers.

“Dit lyk asof die waarnemende burgemeester en die speaker nie aan wetgewing gehoor gee nie. Dit nadat ons hulle verskeie kere in die verlede gewaarsku het.

“Ons het nou geen ander keuse nie as om hul oënskynlike nievoldoening aan wetgewing by die OB en OG aan te meld sodat hulle gedwing kan word om aan wetgewing te voldoen.”

Viviers sê die inwoners van Mangaung is die slagoffers van die ANC se kader-ontplooiing wat die vermoë van die metro vernietig het om basiese dienste te kan lewer soos die verskaffing van ordentlike paaie, werkende verkeers- en straatligte, goeie bestuur van parke, betroubare en veilige waterlewering, sowel as elektrisiteit, en goeie riool- en vullisverwyderingsnetwerke.

Lebohang Masoetsa, die waarnemende burgemeester. Foto: Argiewe
Hardie Viviers, koukusleier van die DA. Foto: Argief

Masoetsa het by navraag gesê hy en die speaker is besig om die klagte oor Mea te hanteer.

“Ons sal ’n spesiale raadsvergadering hou en is besig met die reëlings”

Siyonzana sê egter hy weet net van ’n raadsvergadering waarop die aanvullende begroting bespreek moet word wat waarskynlik in volgende week sal plaasvind.

“Niemand het my gevra om ’n spesiale raadsvergadering te hou waarop die kwessie rakende adv. Mea bespreek moet word nie.”

Meer oor:  Og  |  Da  |  Ob  |  Stadsbestuurder  |  Mangaung
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.