Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
DA-koukus wil mosie teen burgemeester instel
Melvin Naik

Die DA-koukus in die stadsraad van George wil ’n mosie van wantroue in die burgemeester, Melvin Naik, instel. Die koukus het toestemming by die party se federale uitvoerende komitee vir dié stap gevra.

James Selfe, voorsitter van die komitee, sê die versoek moet nog oorweeg word.

Naik se interne verhoor vind Donderdag en Vrydag plaas. Na verneem word, hou van die aanklagte verband met sy anti-gay-uitlatings.

Naik het verlede Dinsdag in ’n uitsending op die Christelike radiostasie Heartbeat FM onder meer gesê met sy Christelike beginsels en Bybelse waardestelsel kan hy nie goedkeuring gee vir ’n konsert van die Boston Gay Men’s Chorus in George nie. Dié koor wat uit gay mans bestaan, het Dinsdagaand in George opgetree. Die koor is op sy eerste besoek aan Suid-Afrika.

Meer oor:  Melvin Naik  |  George  |  Lgbt  |  Mosie  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.