Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
DA-lid wen speaker-amp in Dihlabeng oor ANC se faksiestryd
Eric Motloung van die DA, die nuwe speaker van die Dihlabeng-munisipaliteit.

Eric Motloung, die DA se kandidaat vir die amp van speaker van die Dihlabeng-raad, is uiteindelik tot die amp verkies nadat ANC-lede duidelik ook teen dié party se kandidaat gestem het.

Dr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse leier van die DA, het dit toegeskryf aan faksies in die ANC en sê die probleem van faksies in die Dihlabeng-raad (Bethlehem, Rosendal, Clarens, Fouriesburg en Paul Roux) het voorheen al verhoed dat twee raadsvergaderings waar ’n speaker gekies moes word, plaasvind. Dié amp was vakant ná die dood van David Lengoabala.

Op 3 November is ’n raadsvergadering onderbreek toe pepersproei gebruik is om raadslede en amptenare te dwing om die raadskamer te verlaat.

“Toe het die vergadering op 17 November nie plaasgevind nie omdat die munisipale bestuurder toe gesê het hy is in sy kantoor gevange gehou deur ’n faksie in die ANC.”

Die DA het Motloung Maandag teen die kandidaat van die ANC benoem.

“Dit was ’n groot verrassing vir die DA dat die ‘oorlog’ tussen die faksies in die ANC daartoe gelei het dat die DA se kandidaat as eerste speaker in die Dihlabeng-munisipaliteit gekies kon word.

“Dit is tyd dat mense die voorbeeld volg van die ontevrede ANC-raadslede en die DA ondersteun as die enigste lewensvatbare alternatief in die Vrystaat,” sê Jankielsohn.

“Dit is duidelik dat die ANC-lede wat vir die DA se kandidaat gestem het, saamstem dat die ANC nie hervorm kan word of homself kan regruk nie. Dit is net logies om die enigste party te ondersteun wat ’n bewese geskiedenis het as sowel ’n geloofwaardige opposisie en alternatiewe regering.”

Dit was ’n groot verrassing vir die DA dat die ‘oorlog’ tussen die faksies in die ANC daartoe gelei het dat die DA se kandidaat as eerste speaker in die Dihlabeng-munisipaliteit gekies kon word.

Jankielsohn sê dit is ’n beslissende oomblik in die politiek van die provinsie en kan aanduidend wees van ’n kantelpunt in die politieke omgewing in die Vrystaat.

Gift Poli van die South African National Civics Organisation (Sanco) in die Vrystaat, het agterna in ’n verklaring gesê hy veroordeel dit dat lede van die ANC saam met die DA gestem het om ’n DA-speaker vir Dihlabeng te kies. Dié ANC-raadslede het teen die wense van die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) van die Vrystaatse ANC opgetree.

“Tot ons verdere misnoeë het die ANC ’n veroordeelde misdadiger toegelaat om as hul kandidaat te staan in die komende tussenverkiesing in Clarens.

Sanco sal hom beslis nie ondersteun nie,” sê Poli.

Hy het ook gesê Sanco doen ’n beroep op die Vrystaatse ANC om streng op te tree teen diegene wat hulle in Dihlabeng by die DA geskaar het.

Hy noem hulle die “vyande van voorspoed en ontwikkeling”.

Poli het gesê Sanco is erg bekommerd oor die situasie waar raadsvergaderings onderbreek is deur anargiste wat hulle “voorgedoen” het as ANC-raadslede.

Tot ons verdere misnoeë het die ANC ’n veroordeelde misdadiger toegelaat om as hul kandidaat te staan in die komende tussenverkiesing in Clarens.

“Om met die opposisie ’n komplot aan te gaan om een van ons eie te ignoreer en vir een van die opposisie te stem, is ’n ernstige oortreding en kom neer op verraad,” sê hy.

• Thabo Meeko, Vrystaatse woordvoerder van die ANC, is verskeie kere om kommentaar gebel, maar het nie sy telefoon beantwoord nie.

Meer oor:  Sanco  |  Tussenverkiesings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.