Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
DA-raadslid draai teen party
Mbulelo ManyatiFoto: Lynn Williams

In ’n onverwagse stap het die DA-raadslid Mbulelo Manyati in die Nelson Mandelabaai-metropool Maandag besluit om nié ten gunste van sy party te stem nie.

Manyati se besluit om sy stem (in die mosie van wantroue teen die speaker, Jonathan Lawack) te weerhou, het daartoe gelei dat Lawack summier uit sy pos onthef is.

Die metro se stadsbestuurder, Johann Mettler, het die raadsvergadering volgens die reëls van die raad oorgeneem.

Manyati het by navraag gesê hy het nugter gedink oor die besluit.

Volgens Manyati gaan hy sy stem tydens die mosie van wantroue teen die burgemeester, Athol Trollip, ook weerhou.

“Ek wil verandering sien in die raad en in die hele Suid-Afrika.

“Ek het om persoonlike redes oorgegaan tot die besluit. Ek het die DA by vorige ’n geleentheid ingelig van my voorneme.

“Ek gaan die DA verlaat,” sê Manyati.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.