Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
DA rol moue op vir mosie teen Knysna-burgemeester

Die DA se provinsiale leierskap in die Wes-Kaap sê in ’n verklaring hy steun die mosie van wantroue in Mark Willemse, Knysna se burgemeester, wat Donderdag ter tafel gelê word deur DA-raadslede.

Die DA sê dit is raadslede se plig om seker te maak dat die mandaat wat die party van sy kiesers gekry het, in werking gestel en uitgevoer word. Dit is waarom hulle besluit het om op te tree namens Knysna se inwoners en in die belang van dienslewering.

Mark Willemse, die DA-burgemeester van Knysna. Foto: Verskaf

Volgens die verklaring het Willemse en Peter Myers, ’n raadslid, in 2018 besluit om die koukus en ’n versoek van die leierskap te verontagsaam en saam met die ANC gestem in ’n mosie van wantroue om die DA-burgemeester te verwyder.

Willemse is sedertdien deur die ANC in sy pos gehou en daar word verwag dat die ANC hom Donderdag in die mosie sal steun. Luidens die DA-verklaring is Willemse nou effektiewelik ’n ANC-burgemeester.

Willemse se optrede het gelei tot die verlies van vertroue in hom as burgemeester wat versterk word deur die feit dat hy in die pos bly deur die ANC se ondersteuning.

Luidens die verklaring word dit duidelik gestel dat kiesers die DA, nie ’n individu nie, kies om Knysna te regeer danksy die party se dienslewering en bewese rekord. Willemse en Myers se optrede verhinder die raad se lewering van dienste aan Knysna se mense.

Iemand kan nie sy of haar pligte as burgemeester uitvoer as hy of sy nie die steun van die party, raadslede en amptenare het nie.

BonginkosI Madikizela
BonginkosI Madikizela, die DA se leier in die Wes-Kaap. Foto: Malherbe Nienaber

Die munisipaliteit se werk mag nie stilstaan nie en dit is noodsaaklik dat ’n duidelike strategie met beslissende leierskap weer tot stand kom sodat kwessies wat Knysna se gemeenskap raak, aandag kan kry.

Dit is om dié rede dat die mosie van wantroue ondersteun word sodat Knysna se mense weer die munisipaliteit kan vertrou om sy mandaat uit te voer.

Die gewone raadsvergadering het Donderdag om 09:00 in Knysna begin.

Meer oor:  Mark Willemse  |  Knysna  |  Burgemeester  |  Mosie Van Wantroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.