Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
DA skop George se burgemeester uit die party

Die DA se federale regskommissie het aan Melvin Naik, burgemeester van George, geskryf om hom in te lig dat sy lidmaatskap van die party beëindig is.

Melvin NaikFoto: Verskaf

Die DA het Woensdag in ’n verklaring gesê Naik is nie langer ’n lid van die party nie en dus ook nie meer ’n raadslid van George nie.

Naik is vroeër 48 uur gegee om as burgemeester te bedank, maar hy het geweier.

Die besluit van die DA kom nadat die DA-koukus in George op 27 Januarie ’n mosie van wantroue in Naik aanvaar het.

Volgens die DA is dit in die beste belang van die munisipaliteit en George se mense dat Naik sy pos as burgemeester ontruim.

Die DA sê hy sal aanhou werk om aan George se inwoners te wys dat hy onwrikbaar verbind is tot ’n deursigtige en verantwoordbare regering.

Die optrede teen Naik volg op die bevindinge in ’n forensiese verslag oor bewerings van bedrog, korrupsie, wanadministrasie en ernstige wanpraktyke in die George-munisipaliteit. Die ondersoek is deur Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, aangevra.

Naik se regsverteenwoordiger het Donderdag nie op navrae gereageer nie, onder meer oor mediaberigte dat hy ’n interdik gaan bekom.

Meer oor:  Melvin Naik  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.