Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
DA vra dat Kopanong se raad ontbind word

Terwyl munisipale werkers van die Kopanong-munisipaliteit in die Xhariep-distrik in die Vrystaat steeds staak, het die DA gevra dat die munisipaliteit se raad ontbind word.

Honderde werkers van die munisipale vakbond Samwu staak sedert Dinsdag nadat die munisipaliteit glo sedert 2001 nie sy bydraes vir werknemers se mediese fonds, pensioenfonds en begrafnispolisse betaal het nie.

Munisipale werkers het Woensdag laat hul salarisse ontvang.

Patricia Kopane

Patricia Kopane, DA-premierskandidaat in die Vrystaat, vra in ’n skrywe aan Oupa Khoabane, Vrystaatse LUR vir tradisionele sake en samewerkende regering, vir die skorsing en ontbinding van die munisipale raad omdat hulle misluk het om diensverskaffers, salarisse en derdeparty-bybetalings te betaal.

Martin Kubeka, munisipale bestuurder van die munisipaliteit, het dit vroeër ten sterkste ontken. “Ek kan jou verseker dat dit glad nie die geval is nie.”

Volgens Kopane is die dorpe in die munisipaliteit spookdorpe, omdat besighede weens ’n gebrek aan dienslewering hul ondernemings uit die dorpe skuif.

Sy sê die munisipaliteit kan nie sy infrastruktuur onderhou en opknap nie, en boonop skuld hy Bloemwater meer as R250 miljoen.

“Dit het tot ’n verlies aan werksgeleenthede gelei en die ekonomie geskaad.”

Kopane sê indien die regerende party werklik tot vernuwing verbind is, sou hy lankal reeds vir Xolile Matwa, burgemeester van die Kopanong-munisipaliteit, in die pad gesteek het.

Thabang Tseuoa, provinsiale sekretaris van Samwu, sê die staking sal voortduur totdat die munisipaliteit aan hul eise gehoor gee.

Samwu eis onder meer dat die munisipaliteit die uitstaande skuld vereffen, sodat werkers onder meer weer van hul mediese fondse gebruik kan maak.

* Intussen het die DA ook ’n skrywe aan Sugar Ramakarane, munisipale bestuurder van die Setsoto-munisipaliteit in die Thabo Mofutsanyana-distrik in die Vrystaat, gerig om ’n stukkende pyp in Ad Keet-straat in Senekal reg te maak, omdat duisende liter skoon water verlore gaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.