Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
DA word opposisie in Knysna ná mosie faal
Mark Willemse

Die DA se mosie om die burgemeester van Knysna in die Suid-Kaap uit die kussings te lig, het Donderdag gefaal.

Volgens die Knysna-munisipaliteit se Facebook-blad het die mosie in Mark Willemse Donderdag op ’n gewone raadsvergadering met 12 stemme teenoor sewe gesneuwel. Daar is met geheime stembriewe gestem.

Bonginkosi Madikizela, die DA se leier in die Wes-Kaap, het laatmiddag in ’n verklaring gesê dit laat die DA met geen ander keuse nie as om die rol van opposisie in die stadsraad in te neem.

Dit was ’n moeilike besluit, maar nodig in die beste belang van die dorp.

In die proses het die ANC ’n mosie van wantroue in die dienende speaker, Georlene Wolmarans, ingedien. Dit is deur ander opposisiepartye gesteun. Die mosie het geslaag en sy is uit haar pos verwyder.

Mertle Gombo van die ANC is as die nuwe speaker verkies.

Die DA sal sy bes ingevolge die party se grondwet doen om Willemse en Peter Myers, nog ’n DA-raadslid, verantwoordbaar te hou, sê Madikizela.

Nieteenstaande die DA se beste pogings om sy manifes en die kiesers se wil te laat realiseer, is die party begroet deur twee van sy eie raadslede wat weier om die party se interne reëls en regulasies na te kom.

Luidens die verklaring word die prosesse en uitkoms van Donderdag se raadsvergadering aanvaar en die DA het onderneem om sy lede in die raad te steun waar hulle in die opposisiebanke sit. Voorts sal die DA veg om die vertroue van Knysna se inwoners in hom te herstel.

Meer oor:  Mark Willemse  |  Knysna  |  Burgemeester  |  Mosie Van Wantroue  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.