Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Dam by Riversdal minder as 40% vol

Die Hessequa-munisipaliteit het ’n beroep op inwoners gedoen om water te bespaar.

Die vlak van die Korentepoortdam by Riversdal staan tans op 39,45% en dié van die Duivenhoksdam by Heidelberg op 74%, sê Susan Geldenhuys, ’n munisipale woordvoerder.

Dié munisipale gebied sluit dorpe soos Stilbaai, Heidelberg en Riversdal in.

Geldenhuys sê goeie reën word dié naweek vir die gebied voorspel.

Die munisipaliteit sê op sy Facebookblad die inhoud van die damme bepaal of waterbeperkings aangepas sal word. Vlak 1-waterbeperkings geld tans. Dit behels onder meer dat tuine slegs twee uur per dag – tussen 16:00 en 18:00 –natgelei mag word. Plaveisels mag nie afgespuit word nie. Voertuie, bote en woonwaens mag met ’n emmer water gewas word.

Meer oor:  Hessequa-Munisipaliteit  |  Riversdal  |  Droogte  |  Waterskaarste  |  Dam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.