Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Dele van Jhb sonder water

Daar is nie genoeg water in reservoirs in Bryanston, Johannesburg, nie en daarom is die uitlate gesluit en is mense sonder water, het Isaac Dhludhlu, woordvoerder van Johannesburg Water, gesê.

Johannesburg Water twiet daar is “probleme met die reservoirs in Bryanston.”

Mense in Bryanston, Epsom Downs, Palmlands, Douglasdale, Fourways, Lonehill en Magaliessig het reeds van Dinsdagaand af nie water nie.

“Ons is besig met ondersoeke. Die water wat in die reservoir invloei is nie genoeg nie, ons het druk en kapasiteit in die reservoir verloor.

“Ons weet nie wat die oorsaak is nie. Ons vind nog by Rand Water uit of die toevoer van hulle af genoeg is vir ons reservoirs. Ons ondersoek ook of daar iewers ’n lekkasie is wat die probleem veroorsaak.”

Volgens Dhludhlu is watertenks na die gebiede wat geraak word, gestuur.

Dhludhlu sê Johannesburg Water sal op Twitter aankondig wanneer die watertoevoer herstel is.

Meer oor:  Bryanston  |  Johannesburg  |  Waternood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.