Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Dís hoe Midvaal dit doen – met sy jong leier

Politieke wil, ’n stabiele senior bestuur en streng finansiële en beheermaatreëls is deel van die suksesresep van Midvaal, die enigste DA-beheerde plaaslike munisipaliteit in Gauteng en ook die enigste in die provinsie wat in die jongste ouditverslag ’n skoon oudit ontvang het. Só het dié munisipaliteit in ’n verklaring gesê oor sy soveelste skoon oudit sedert 2013-’14.

Kimi Makwetu, ouditeur-generaal, het in sy jongste munisipale ouditverslag gesê Midvaal het weer van die beste praktyke toegepas, soos monitering van aksieplanne om te verseker dat interne beheergebreke hanteer word, asook optrede teen oortreders.

“As sulke praktyke in die provinsie herhaal word, sal die ouditresultate baie verbeter,” sê Makwetu.

Die navorsings- en konsultantegroep PMR het die munisipaliteit in Maart bekroon met die Diamond Arrow-prys vir die munisipaliteit wat die meeste doen om werk te skep, armes op te hef, die omgewing skoon te hou, misdaad te bestry, beleggers te lok en infrastruktuur te verbeter.

Die DA se Bongani Baloyi is ook as die Sedibeng-distrik se mees proaktiewe burgemeester aangewys. Baloyi, wat nou 32 is, het in 2013 geskiedenis gemaak toe hy op 26 die jongste burgemeester in die land geword het.

Die munisipaliteit sê Baloyi het van dag een af ’n kultuur van verantwoordbaarheid en etiese leierskap gevestig.

Meer oor:  Bongani Baloyi  |  Midvaal  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.