Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Distrik Ses sê ook ‘Loop saam, loop saam’ oor Hanoverstraat

Die Distrik Ses-werkkomitee het die besluit verwelkom deur die Kaapse stadsraad, dat Keizersgracht weer na die oorspronklike naam, Hanoverstraat, hernoem word.

Die Distrik Ses-werkkomitee het die naamverandering in Junie versoek en die stad se burgemeesterskomitee het hulle aanbeveling oor die straat se hernoeming tydens Donderdag se raadsvergadering ter tafel gelê.

Die stadsraad het eenparig gestem dat die straat sy ou naam moet terugkry.

Shahied Ajam, die voorsitter van die Distrik Ses werkkomitee.

Tydens die openbaredeelnameproses wat in Julie geëindig het, het ’n oorweldigende 96% van die deelnemers die naamverandering gesteun.

Dan Plato, die burgemeester van Kaapstad, het gesê 1 195 inwoners en belanghebbendes het tydens die proses kommentaar gelewer.

Shahied Ajam, voorsitter van die komitee, sê die stap is simbolies van die herstel van die waardigheid van inwoners van die omgewing.

“Keizersgracht was bekend as Hanoverstraat voordat die gebied tot slegs ’n blanke gebied verklaar is en nieblankes deur die apartheidsregering uitgegooi en verskuif is. Ons as gemeenskap is verheug oor die nuus.”

Ajam sê mense het nooit daaraan gedink om Hanoverstraat sy ou naam weer terug te gee nie en tog het die mense van Distrik Ses met ware geloof en vasberadenheid getoon dat hulle dit sal regkry.

Volgens Ajam was die naam Hanoverstraat een van die laaste oorblyfsels van die erfenis wat van die mense van Distrik Ses beroof is.

“Hanoverstraat was die lewensbloed van Distrik Ses. Dit was nie net die plek waar ou vriende ontmoet het nie, maar ook waar hulle afskeid geneem het van geliefdes wat gesterf het.”

Ajam het gesê die besluit beteken dat die jeug nou ook kan identifiseer met die plek waaroor hulle ouers en grootouers praat.

“Dit is ’n belangrike mylpaal vir die Distrik Ses-gemeenskap in die proses van grondhervorming en restitusie.”

Ajam sê hulle hoop teen Erfenisdag sal Hanoverstraat weer sy ou naam hê.

Meer oor:  Keizersgracht  |  Distrik Ses  |  Hanoverstraat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.