Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Drakenstein sê hy is reg om besoekers veilig te hou
Gerald Esau, uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste van die Drakenstein-munisipaliteit.Foto: Verskaf

Die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê hy is slaggereed om die veiligheid van besoekers en toeriste in die feestyd te verseker.

Die plaaslike owerheid het sewe fokuspunte geïdentifiseer wat deurgaans gemonitor gaan word. Dit sluit in brandvoorkoming en veiligheid; pad- en verkeersveiligheid; grondbesettings; algemene wetstoepassing; oewerveiligheid by die Bergrivier; die beveiliging van munisipale swembaddens en oorde; sowel as toeriste- en besoekersveiligheid.

Volgens die munisipaliteit is daar jaarliks ’n groot toestroming van besoekers na die streek. Dit sluit in buitelandse toeriste sowel as binnelandse vakansiegangers.

Dit dra by tot verkeersopeenhopings terwyl verskeie bekende toerisme-aantreklikhede stampvol is.

Hierdie bedrywige tyd lei dikwels tot misdadige aktiwiteite, verdrinkings en verhoogde drank- en dwelmmisbruik, sê Conrad Poole, uitvoerende burgemeester van die munisipaliteit.

Daarom is dit belangrik om ’n omvattende veiligheidsplan te hê.

Die munisipaliteit sal saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), verkeersowerhede en ander wetstoepassingsagentskappe werk en gesamentlike wetstoepassings-en-misdaadvoorkomingsinisiatiewe vanaf die Drakenstein Sentrale Operasionele Sentrum in die Paarl koördineer, het Gerald Esau, uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste van die munisipaliteit, in ’n voorlegging gesê.

Intussen sal verskeie jong mans en vroue wat deur die Chrysalis-program in wetstoepassing opgelei is, bydra om met hul bobby-on-the-beat-program sigbaarheid in die Drakenstein te verbeter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.