Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Duitse bank help Kaapstad met afvalwater

Die Kaapstadse metroraad het Dinsdag ’n lening van R1,3 miljard met die Duitse bank KfW vir die bestuur van afvalwater onderteken.

Met dié lening gaan die metroraad van sy 25 watersuiweringsaanlegte uitbrei en opknap.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad.Foto: David Harrison

Dit is betaalbaar oor 15 jaar en is aangebied teen ’n “hoogs gesubsidieerde” vasgestelde rentekoers van 8,107%.

Aanlegte wat geoormerk is, sluit in Zandvliet, die Kaapse Vlakte, Bellville, Makassar, Potsdam, Melkbosstrand, Mitchells Plain, Borchard’s Quarry, Houtbaai, Scottsdene, Wildevoëlvlei en Gordonsbaai.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, sê die Moederstad hou aan groei en dit is belangrik dat behoorlik in infrastruktuur en die betroubare lewering van waterdienste belê word.

Volgens Plato is die lening in pas met die metroraad se verbintenis daartoe om meer volhoubaar te word en beter by die uitdagings van klimaatsverandering aan te pas.

“Dit is ook deel van die fondament om ’n vooruitstrewende, watersensitiewe stad te bou.”

Meer oor:  Kaapse Metroraad  |  Dan Plato  |  Lening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.