Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
EFF, ANC eis DA-burgemeester se kop

Die ANC en EFF in die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit (Nylstroom en Naboomspruit) in Limpopo het ’n mosie van wantroue teen die DA-burgemeester ingedien.

Marlene van Staden van die DA toe sy as burgemeester van Modimolle-Mookgophong aangewys is.

Hulle eis nie net Marlene van Staden, burgemeester, se kop nie, maar ook dié van Dingaan Motshwene, speaker, en Hercules Louw, hoofsweep van die munisipaliteit.

Die mosies van wantroue is onlangs ingedien.

Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit is slegs een van twee munisipaliteite in Limpopo wat deur ’n koalisie van die DA, EFF en VF Plus beheer word.

Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, sê die mosies van wantroue wat ingedien is, kom kort voor die uitreiking van die uitslag van ’n forensiese ondersoek na die munisipaliteit se geldsake.

Die provinsiale tesourie het die munisipaliteit onlangs onder administrasie geplaas weens sy benarde finansiële toestand.

Van Staden sê etlike miljoene rande se skuld het opgehoop toe die ANC nog in beheer van die munisipaliteit was.

Smalle verwag die forensiese ondersoek kan wys dat lede van die ANC en EFF betrokke was by die onwettige toekenning van tenders.

Volgens hom kan die mosies van wantroue ’n taktiek van die ANC en EFF wees om te verhinder dat die verslag uitgereik word en die ANC en die EFF se beweerde korrupsie toe te smeer.

Jossey Buthane, EFF-leier in Limpopo.

Smalle sê dit is teleurstellend dat Jossey Buthane, EFF-leier in Limpopo, boonop Woensdag saam met minstens 30 EFF-lede die munisipale kantoor bestorm het en aangedring het op ’n spesiale raadsvergadering om "die hele DA te verwyder”.

“Dié gedrag is laakbaar,” sê Smalle.

“Ons het volle vertroue in die burgemeester en haar span en ons sal ons nie van stryk laat bring deur die mosies van wantroue nie.”

Die EFF en die ANC sê hulle gaan aandring op ’n spesiale raadsvergadering waar die mosies van wantroue aangehoor kan word.

Meer oor:  Da  |  Anc  |  Eff  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.