Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
EFF-lede mag nie meer aanrand, vloek of gooi nie

Ses Vrystaatse EFF-raadslede is verbied om hul waarnemende munisipale bestuurder aan te rand, te vloek of om gevaarlike voorwerpe na hom of ander raadslede in raadsvergaderings te gooi.

Solomon Mashiane, die waarnemende munisipale bestuurder van die Metsimaholo-munisipaliteit op Sasolburg, was laat verlede maand vyf dae lank op siekteverlof nadat een hom aangerand en ’n ander sy skootrekenaar flenters geslaan het.

Hulle mag ook nie beledigings in die raadsvergaderings uiter en die vergaderings en werkinge van die munisipaliteit ontwrig nie, het regter Sharon Chesiwe Maandagmiddag in die hooggeregshof in Bloemfontein gelas.

Hulle word ook verbied om Mashiane te verhinder wanneer hy en ’n paneel onderhoude met kandidate vir senior aanstellings in die munisipaliteit wil voer.

s
EFF

Teleki Taats, Selloane Motjeane, April Motaung, Moeketsi Maseko, Tshepiso Motloung, Lefa Nhlapo en die EFF, waarvan hulle lede is, het nou reeds twee sulke onderhoude ontwrig.

Die paneellede is nou te bang om vir die onderhoude op te daag, sê Mashiane in ’n hofverklaring.

Hy het ook klagte teen die ses vir aanranding, intimidasie en kwaadwillige saakbeskadiging by die polisie ingedien.

Mashiane sê hulle het al ook glasdeure en vensters van die munisipale kantoor gebreek.

Die vakante poste wat gevul moet word, is dié van direkteure vir maatskaplike dienste, tegniese dienste en finansies, korporatiewe dienste en plaaslike ekonomiese ontwikkeling.

Die vier poste is al langer as ’n jaar vakant.

Toe hulle op 18 Februarie wou begin met die onderhoude vir die direkteur van maatskaplike dienste het die ses daar ingebars.

Nadat hulle die onderhoude ontwrig het, het hulle vir Mashiane gesê om dit te staak.

Toe hulle op 21 Februarie nog onderhoude wou hou, het Taats en Motjeane daar ingekom.

Taats het hom geslaan, sê Mashiane.

Motjeane het glo sy skootrekenaar gebreek.

Die ander onderhoude is uitgestel.

Die keerdatum van die voorlopige bevel is 28 Maart.

Meer oor:  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.