Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
EFF trek kleinkoppie oor Bobani

Die EFF in Nelson Mandelabaai het Dinsdag, twee dae voordat ’n mosie van wantroue teen die burgemeester, Mongameli Bobani, op ’n raadsvergadering ter tafel gelê gaan word, hul steun aan dié mosie onttrek.

Die EFF het in ’n verklaring gesê hulle het besluit om hulself onmiddellik te onttrek, omdat hulle geen waarborg het dat daar nie weer ’n burgemeester uit DA-geledere in beheer gaan wees sodra Bobani uit sy amp onthef is nie.

Morné Steyn van die DA het die mosie van wantroue teen Bobani, wat op Donderdag se raadsvergadering ter tafel gelê gaan word, op die agenda geplaas.

Yazini Tetyana, EFF-voorsitter in die Oos-Kaap, sê verder die party kan homself nie met ’n party soos die Patriotic Alliance (PA) vereenselwig nie, want die PA kan nie vertrou word nie.

Die EFF sê die party se lede in die metroraad onttrek hul steun vir die mosie van wantroue teen die burgemeester, Mongameli Bobani.

“Die EFF se nasionale leierskap gaan die kwessies hanteer nadat ander partye geraadpleeg is,” lui die EFF se verklaring.

Dié verklaring is Dinsdag uitgereik kort nadat die United Front (UF) en die UDM aangedui het hulle staan bankvas agter Bobani.

Dié partye het ook gewaarsku dat die ANC sal moet ligloop, omdat die DA weer aan bewind kan kom indien die ANC homself misreken.

Volgens die UF en die UDM wil hulle geen aandeel daarin hê dat die DA dalk weer in beheer van die metroraad kan kom nie.

Hulle meen ook dat geeneen die PA se Marlon Daniels, na wie hulle as ’n “ongeleide missiel” verwys, kan en moet vertrou nie, want hy sal uit desperaatheid enigiets doen vir die amp van adjunk-burgemeester.

Daniels het op ’n vorige geleentheid aangedui dat hy ten gunste is van die mosie en dat Bobani moet gaan.

Daar is altesaam 120 setels in die metroraad. Die partye wat aangedui het hulle is ten gunste van die mosie, en wat Bobani wil uitstem, is die DA (57 setels), ANC (50 setels), en die AIC, Cope, ACDP en die PA met een setel elk.

Die partye wat teen die mosie is, is die EFF (6 setels), UDM (2 setels) en die UF (1 setel).

Meer oor:  Eff  |  Nelson Mandelabaai  |  Mongameli Bobani
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.